Op ’n beknopte balkon — 6,13 m2 — in Brooklyn, New York, kweek ’n boeremeisie enigiets van knoffel, tamaties en kruie tot rose en stroopsoet vye. Op haar vermaaklike blog, 66 Square Feet, wat al die New York Times gehaal het, hou sy dagboek van alles.