Om ‘n verwaarloosde Victoriaanse tuin te skep, kan heelwat werk kos, maar jy sal lank daarna nog die vrug van jou arbeid geniet.
Ons wys jou hoe:
• Moet niks snoei buiten die rose nie.
• Moet nooit ’n enkele ding van die tuinvloer af vee nie.
• Moenie skoffel of insekdoders gebruik nie.
• Hou jou tuin in die winter warm met ’n tapyt van dooie blare.
• Vir ’n dramatiese visuele effek moet jy massa-aanplantings doen.
• Plant op ’n rotasiebasis sodat daar altyd iets gebeur in die tuin.
• Plant rond en bont en skep ruigtes – dit moet lyk of die plante hulleself gesaai het.
• Skep volop waterfokuspunte (of sommer net ’n klomp bakke water oral).
• As jy op ’n meubelstuk afkom waarvan jy hou, vat dit huis toe. Dit kry dalk nie dadelik ’n plekkie nie, maar eendag is eendag…
• Hou jou tuin geduldig dop – hy sal vir jou sê wat werk en wat nie.

