Sluit die jaar op ‘n hoogtepunt af deur een van die kookboeke – deur van Suid-Afrika se voorste kospersoonlikhede – te gee (of, met die komplimente van VISI, te ontvang).
In Bake ook haar reis van ’n kok wat glad nie bak nie tot ’n passievolle verskaffer van tuisgebakte bederfgoed. Haal uit die klitser!
BAKE
Deur Tina Bester (Quivertree, R145)
Daar in Queen of Tarts, haar uitbundige koffi ewinkel in Observatory, sorg Tina Bester dat Kaapse soettande met net die beste tuisgebak bederf word. Van outydse koekies en perfekte broskorsterte tot bittersoet koeke en beeldskoene terte word op die goeie ou heilsame manier gemaak, maar met ’n kontemporêre – dikwels spitsvondige – kinkel. Buiten die ses afdelings met soeten soutgebak, beskryf Tina ook ’n koffi etafelboek is, weef die topverkoper-skrywer Philippa Cheifitz ’n heerlike tapisserie met die ryke verskeidenheid van Suid-Afrikaanse kostradisies. Sy gee ’n klomp van haar gunstelingresepte en laat dan van die land se voorste kospersoonlikhede, soos Mariana Esterhuizen, hulle familiegeskiedenis deel en van hulle kosinvloede vertel. Ingesluit by die 80 stuks resepte – almal vinnig en maklik – is Philippa se persoonlike keuse van die lekkerste plaaslike kos. Dié boek, wat ons uiteenlopende kulturele erfenis en lewendige mense weerspieël, is een wat jou in 2010 met ’n patriotiese trots sal vervul.
HUISKOK GLANSKOK
Deur Errieda du Toit en Francois Ferreira (Human & Rousseau, R235)
Errieda du Toit is die een wat groot behae daaruit put om vriende tuis om ’n tafel te onthaal, terwyl Francois Ferreira by ’n hele paar toprestaurante gewerk én al ’n hele klomp bekendes en beroemdes getrakteer het: die een huiskok, die ander glanskok. Maar al twee is danksy hulle radioprogram – wat nou al 10 jaar aaneenlopend op RSG uitgesaai word – ewe bekend en geliefd. Errieda en Francois gee nie net hulle eie resepte nie, maar deel ook wenke en persoonlike staaltjies.
GATHERINGS: A YEAR OF INVITATIONS
Deur Nataniël (Human & Rousseau, R314)
Hierdie boek vertel in tipiese Nataniël-styl van ’n jaar se spesiale geleenthede met dié fl ambojante kunstenaar as gasheer. Dis nie soseer ’n kookboek nie, eerder ’n liefl ike portret van etes vir goeie vriende. Die resepte, almal gegeur met Nataniël se voorliefde vir mooi goed, is eintlik maar ongeloofl ike weergawes van basiese kos – dus ’n boek vir gewone mense wat hou van ’n spesiale geleentheid.
WAAR VYE NOG SOET IS
Deur Emilia le Roux en Francois Smuts (Tafelberg, R275)
As jy van ’n egte plaaskombuis droom, gaan Emilia le Roux se huldeblyk aan Doornkraal naby De Rust, waar sy grootgeword het, jou inspireer om weer deel te word van jou eie stukkie aarde. Dit is ook ’n plat-op-die-aarde gids oor hoe om plante in die grond te kry en dit te oes.

