FOTOS: Greg Cox en David Ross
Namibië is Nissan-wêreld, het die VISI-span agtergekom tydens hulle reis na Windhoek in die nuwegenerasie- “sagte” 4×4 Nissan Murano.
Die man agter die stuur, die vermaarde petrolkop Etienne Hanekom, sê die Murano het so gemaklik soos ’n sedan bestuur en glad nie geskrik vir vrylopende wild, hitte of grondpaaie nie.
Twee funksies wat ons veral beïndruk het, is die kamera aan die linkerkant wat die voorwiel en sypaadjie wys en die agterste kamera wat jou help parkeer, asook die elektriese bagasieruim wat met die druk van ’n knoppie op die sleutel oop- en toemaak.
Die Murano is lekker ruim en gemaklik, maar ook betroubaar. Die span het al die pad van Kaapstad tot Windhoek en terug nie ’n enkele motormoles gehad nie.
• Vanaf R488 000, www.nissan.co.za

