Die Kaap se nuwe punk

WOORDE Nadine Botha FOTOS Micky Hoyle


Lees in Engels.

Warm nuus – Junie 2013: Truth HQ het die kortlys gehaal van vanjaar se Restaurant & Bar Design Awards en is die enigste finalis uit Afrika! Loer hier na verlede jaar se wenners.

September 2012: Die nuwe Truth HQ in Kaapstad is vreemder as wetenskapsfiksie, dit is “steampunk”. David Donde en Haldane Martin wys vir ons hoe dit alles saamgekom het.

“Ons weet nie van enige ander koffie ruimte ter wêreld wat totaal en al ‘steampunk’ is nie,” verklaar die onortodokse koffiekoning David Donde in sy nuwe Truth HQ-kafee-en-koffiewinkel in Kaapstad.

Dit is eintlik heel gepas dat ’n onderneming wat stoom gebruik om die perfekte koppie boeretroos te maak, dié nuwe pseudo-Victoriaanse fantasietrend tot sy voordeel inspan. David se personeel dra spesiaalgemaakte uniforms van The Little Hattery, en dan is daar boonop die lieflike interieur wat deur Haldane Martin ontwerp is. David het selfs besluit om ’n snor te kweek! “Jy kan nie net ’n klomp goeters aanplak en dit  dan ‘steampunk’ noem nie – outentiek is immers een van die boustene van die Truth-handelsmerk,” sê hy.

Die ruimte is rondom ’n massiewe vintage-koffiebrander ingerig. ’n Kroegtoonbank wat van herwinde staalplafonpanele gemaak is, skei die werkgedeelte van die sitgedeelte wat met koperoortrekte tafels en leersitplekke spog. Heel voor is “die grootste gemeenskaplike tafel in Kaapstad” met 24 uitswaaistoele wat van industriële pyp gemaak is. Daar is ook kragkabels wat uit die plafon hang vir mense wat hulle skootrekenaar wil inspan.

Truth HQ, Buitenkantstraat 36, Kaapstad, 021 200 0440, www.truthcoffee.com

Haldane Martin Ontwerp, www.haldanemartin.co.za

Besoek visi.co.za/steampunk vir ons volledige verslag oor die sogenaamde “steampunk”-trend.


More from the SPRING FLING edition of VISI

  • New and second-cycle
    Renovation and interior design is seldom a stagnant, once-off affair. The best spaces grow into themselves. 
  • Deft blue strokes
    Fabric, surfboards, shacks… Something is afoot, and not just in South Africa! From Babylonstoren to Russia, browse our full Delft trend report.
  • Popcorn architecture
    We have inspiration from the Architecture ZA 2012 Biennial Festival to share. Read our report back
  • Mechanical futurism
    Some say steampunk is what happened when Goths discovered brown. Others say it grew out of a literary genre. 
  • Joburg Art Attack
    For at least one week in September, Joburg was hit by an art attack.
  • Winning wishes
    In October, Warren Lewis will be giving away four paintings. Up for grabs over October and November is a Bodum Bistro Coffee Maker from Banks Kitchen Boutique.