Hoewel die Volvo C30 ’n opwindende herontwerp ondergaan het, word die oorspronklike karakter van sy ouboet, die Volvo XC60, behou.
Die nuwe C30-sportmodel spog met ’n splinternuwe voorkoms voor, soos vaartbelynde hoofl igte, ’n byekorfrooster en ’n groter metaalikoon op die luggate. Die C30 het nou ook met meer vaartbelynde kontoere, wat dié sexy luikrug se dinamiese karakter komplementeer.
Die grootste veranderings is egter nie bloot stilisties nie: Die onderstel en stuurvermoë is verfyn vir ’n meer sportiewe bestuur-ervaring.

