Guy Adam Ailion

PHOTOS: Dook | WORDS: Alma Viviers


Batman is die pos wat Guy Adam Ailion sê hy sou wou hê as hy nie ’n bekroonde argitek, aspirant-fi lmmaker en produkontwerper was nie.

Wat is jou ontwerpfilosofie? 

Dink mooi. Hou dit eenvoudig. Maak seker dit werk. Skoonheid is ’n produk van funksie én estetika – as die funksie faal, faal die skoonheid.

Jy het die 2010 SA Nasionale Argitekstudent Van Die Jaar- Toekenning gewen vir jou M.A.-Tesis, “Everywhere is Here – Architecture And a Developing Information Society. Waaroor het dit gegaan? 

Ek het gekyk hoe jy ’n nuwe platform en ruimtes kan ontwerp vir die verbruik en produksie van inligting in die konteks van ’n ontwikkelende wêreld. Die digitale muur beteken inligting is oral beskikbaar, maar tog nie binne almal se bereik nie.

Jy het ook die 2009 Beton-en-Sement-Instituut se Argitektuur-Kortfilmkompetisie gewen vir jou kortfilm Litshe Le Golide. Hoe was die ervaring vir jou?  

Litshe le Golide is ’n etnografi ese musiekvideo-enkortfi lm oor Johannesburg wat van myndorp tot metropool gegroei het. Dit het beteken ek en die span moes in die stad se rowwe dele gaan snuffel en guerrilla-styl skiet: 32 verskillende plekke, van 4 vm. tot 11 nm., binne vyf dae. Ons het verdwaal in Hillbrow, ons eie Wilde Weste, en ’n paar ongeloofl ike geboue en oomblikke teëgekom wat ons andersins sou misloop.

Baie van jou werk kyk na die stedelike konteks. Het jy ‘n spesifieke fassinasie met die stad? 

Ek het nog altyd ’n groot voorliefde gehad vir die fi lmkuns en hoe bewegende beelde ’n storie op ’n visuele manier vertel. Die stad is vir my dieselfde – dis die protagonis en agtergrond van my lewensverhaal, en skep betekenisvolle fi sieke ruimtes wat die stories van individue, kulture, die geskiedenis, die beskawing en leefstyle vertel. Die stad is die bewaarder van vele geheime en misteries wat die moeite werd is om te ontdek.

Jy gebruik verskillende media en platforms om jou idees uit te druk. Watter rol speel kommunikasie in ontwerp, en andersom? 

Ek maak van alles ’n diagram – of dit nou die geskrewe woord, ’n ontwerpkonsep, ’n tydrooster of ’n doenlysie is. As jy ’n idee of gedagte kan distilleer tot ’n eenvoudige diagram, sal die realisering van daardie gedagte suiwer wees, en getrou aan die oorspronklike doel. Kommunikasie en ontwerp is onlosmaaklik deel van mekaar. As jy nie die boodskap kan oordra nie, bestaan die idee nie.

• 083 234 9576, guyailion@gmail.com, www.activeingredient.org

• Kyk na die voorskou van Litshe le Golide.

• Lees meer oor wat Guy Adam Ailion opgewonde maak.