Ons dink dié prettige konsepmotor, die Daihatsu Basket, is ideaal vir die landelike leefstyl.
Die kompakte viersitplekbakkie wat deur al vier wiele aangedryf word, het voor ’n harde kap wat afgehaal kan word, en agter ’n verwyderbare seilkap.
Heel agter is ’n dek met oorgenoeg pakplek – perfek vir ’n gesinspiekniek, inko-pies en die vervoer van varsprodukte uit jou eie groentetuin.

