Agter geslote deure

WOORDE Debbie Loots FOTO’S Alain Proust


Read in English.

Paul Duncan se nuwe boek, Hidden Cape Town, wys hoe 30 van Kaapstad se geboue binne lyk. Alhoewel meeste daarvan oop is vir die publiek, is dié plekke van die Moederstad se minder bekende juwele. Ons gee drie kopieë weg.

Het jy al ooit gewonder wat jy agter die groot houtdeure van jou gunsteling gebou sal kry as jy dit kon oopstoot? Of hoe mense in vroeëre tye geleef het? En, hoe hulle huise vandag lyk, en voel?

Paul Duncan se nuwe boek, Hidden Cape Town, wys hoe die binnekant van 30 van Kaapstad se geboue lyk. Baie is van historiese belang, terwyl ander bloot weergawes is van alledaagse lewenswyses uit vroeër tye.

Die verskillende estetika van plekke van aanbidding, die kleurryke binneshuise versieringe en kunswerke wat op hierdie bladsye uitgebeeld word, bring Suid-Afrika se ryk kulturele erfenis tot volle reg.

Paul, hoof van ontwerp, huisware by Woolworths in Suid-Afrika, is ook hoof van die World Design Capital 2014 se kuratoriese span. Dié vind volgende jaar in die Moederstad plaas.

Met die wêreld se oë reeds vasgenael op die skeppende pogings van kreatiewe Kapenaars, is Paul se boek beslis die voorloper van ‘n gebeurtenis wat spreek van ontwerp as instrument om sosiale, kulturele en ekonomiese groei te bevorder.

Foto’s deur Alain Proust, Hidden Cape Town (Struik Lifestyle) is beskikbaar teen R375 van Exclusive Books.

Ons gee drie kopies Hidden Cape Town weg. Teken hier in.