Ontwerpersgeel: Veuve Clicquot

 

Veuve Clicquot het onlangs sy Yellow by Design-konsep by die One & Onlyhotel in die Kaapse Waterfront bekend gestel.

Die handelsmerk het in samewerking met die Goodman-galery agt van Suid-Afrika se voorste kunstenaars en ontwerpers gekies om aan die heel eerste Suid-Afrikaanse Yellow by Design-tentoonstelling deel te neem.

Veuve Clicquot stel ook ’n voorbeeld met sy nuwe herwinbare Christmas Design Box. Dit word slegs van papier gemaak, sonder enige plastieklamineerwerk, en sluit in ’n bottel van die vlagskip- Veuve Clicquot Ponsardin Yellow Label Brut én ’n stylvolle prop.