CU = KOPER

PHOTOS: TBC | WORDS: Alma Viviers


Koper, een van die metale wat die langste al deur mense gebruik word, het silwer en goud onttroon en is dié seisoen se koning van metale.

Die Britse ontwerper Tom Dixon is die groot gees agter die huidige gewildheid van koper as materiaal – vir alles van beligting en meubels tot huisware en fietse. Sy Copper Shade-hanglig word reeds as ’n moderne klassieke stuk beskou en sy nuwe Step Family of Lights van soliede spinkoper versterk net verder die wêreldwye aanhang wat dié warm metaal tans geniet.

Dit is dus geen verrassing nie dat Tom besluit het op ’n prototipe wat met koper oorgeblaas is (foto ??) toe Brompton, die maatskappy wat bekend is vir hulle opvoufietse, hom vra om met ’n ontwerp vorendag te kom vir ’n beperkte oplaag. Die fiets en verskeie van Tom se koperligte is saam met vintage koperstukke by die 2010 Londen Design Festival uitgestal.

www.tomdixon.net

Cu-feite

• Koperkookgerei is weer vuurwarm nuus en word hoog aangeskryf deur sjefs. Dit is die kombuismetaal wat hitte die beste gelei en boonop word dit oraloor ewe warm sodat jy nie met warm of koue kolle sukkel nie.

• Suiwer koper smelt teen 1 083 °C.

• Koper is biostaties, wat beteken bakterieë kan nie op die oppervlak groei nie.

• Koperbeelde en argitektoniese strukture verouder baie stadig en kry danksy oksidasie ’n mooi groen patina.

• Een van die groot voordele van koper is die herwinbaarheid daarvan. Trouens, afvalkoper word teen 95% van die prys van nuwe koper verkoop.

• Koper is noodsaaklik in die menslike dieet omdat dit ysterryke kos help om rooi hemoglobien in bloed te vorm.