WOORDE: Alma Viviers
Hygend hert, dis seshoeke – ook bekend as heksagone – net waar jy kyk!
Dié seskantige vorms wat in die natuur in heuningkoeke en sneeuvlokkies voorkom, duik nou as enigiets van plat patrone tot driedimensionele strukture in die ontwerpwêreld op.
VISI gewaar seshoeke op lampe, meubels, matte en viltmuurteëls, maar ons is veral mal oor Vitamin se reeks Hex-huisware (vanaf R88). Is dit ’n geval van bionabootsing, of put ontwerpers maar net plesier daaruit om met ongewone vorms te werk? Dit maak nie saak nie, want vir ons lyk dit of dit beslis nie net die bye is wat vir die volgende jaar of drie gaan zoem nie!
• Vitamin www.vitaminliving.com
SKYFIEVERTONING
Vir nog seshoekige inspirasie gaan na bit.ly/ctf1C2

