FOTOS: David Ross | PRODUKSIE: Klara van Wyngaarden | WOORDE: Alma Viviers
Burberry het ‘n nuwe mode begin met daardie vlieeniersbaadjies wat almal begeer. Nou maak jak-, bok-en skaapvel ook hulle verskyning in ons huise.
Dit lyk of plaasdiere stadshuise letterlik op horings neem! Al is bokleer en skaapvel, tesame met ho- rings, riempies, hout en gras ’n viering van die platteland, is dit ewe tuis in die betonoerwoud. VISI is mal oor Woodlands se skaapvelmatte en oorgooidekens (R912 elk) en het sommer ’n kraaltjie gepak met Peter JA Stuart se Perspex-tydskrifhouers (vanaf R3 648) en Sheep-viltligte (R1 500) deur Ronél Jordaan vir Entropy. Die Pasha-stoel (R7 296) is ook van Peter JA Stuart. V
• WhatNot 011 444 2722/6, www.whatnot.co.za
• Peter JA Stuart 011 786 2323, www.peterjastuart.com
• Entropy 082 530 3082, www.entropydesign.co.za

