Mal oor Maboneng

WOORDE Malibongwe Tyilo


Read in English.

Andrew Sprawson se aangrypende bolpuntpenskets van Maboneng het ons geïnspireer om hierdie kitsgids tot Maboneng saam te stel – dit is beslis tans een van kookwater ontwerperplekke in Suid-Afrika!

Binnestedelike vernuwing is geruime tyd reeds ’n groot gonswoord in Suid-Afrikaanse stede. Dit kan ’n taamlik netelige proses wees wat nie altyd die identiteit van die oorspronklike inwoners in ag neem nie, en die suksesvolste vernuwingsprojekte word altyd gekenmerk deur ’n fyn balans tussen die behoeftes van ou en die nuwe inwoners.

Dit is ook presies wat die Maboneng-distrik in die Johannesburgse middestad so spesiaal maak. Hoewel dit dalk met die eerste oogopslag lyk of die “kunstige” inwoners en winkels in kontras staan met die grinterigheid van die Goudstad se eens wilde strate, probeer Maboneng glad nie sy ligging in die ooste van die middestad ontken nie. Dis allermins maklik om dié balans te handhaaf, en soms voel ’n mens tog ’n tikkie spanning in die lug. Maar dis juis hierdie paradoks, hierdie soeke na ’n identiteit wat vrede het teenstrydighede, wat kunstenaars na die buurt lok.

Jy hoef net ’n draai te maak by Arts On Main, die 12 Decades Art Hotel of die jaarlikse STR.CRD-jeugkultuur-en-musiekfees in die distrik om die toekomsgerigte houdings te ervaar wat besig is om hierdie deel van Jozi te herdefinieer.

Andrew Sprawson se kunswerk “Car guard” vat die teenstellings van hierdie binnestedelike bestaan mooi saam. Dié bolpuntpentekening beeld ’n eensame motorwag buite die 12 Decades Art Hotel uit en het aan hom ’n posisie as finalis in die 2012 Absa L’Atelier-kunstoekennings besorg. “Ek word geboei deur die newe-effekte van binnestedelike vernuwing,” sê Andrew. “Hoewel die onderwerp ’n plaaslike inwoner is, verdien hy sy brood en botter deur die luuksemotors van besoekers aan die distrik op te pas.”

Kap in Maboneng ’n es by…

SLAAP & FUIF: 12 Decades Art Hotel
Dié boetiekhotel op die boonste verdieping van die Main Street Life-gebou spog met 12 kamers wat elkeen deur ’n top- Suid-Afrikaanse ontwerper ontwerp is. Die hotel se gewilde Rooftop Bar is ’n gunsteling onder Johannesburg se hipsters, veral op Sondagmiddae wanneer kookwater DJ’s wys wat in hulle steek by die ekletiese byeenkoms Sunday in the City.
• 011 026 5601, 12decadeshotel.co.za

EET: The Canteen
Hierdie binnestedelike restaurant tussen die galerye van Arts on Main spog met betonmure wat versag word deur eklektiese meng-en-pas-meubels.
• 011 334 5947, artsonmain.co.za

KOOP: Loincloth and Ashes
Die plaaslike modeontwerper Anisa Mpungwe het ’n vlagskipboetiek geopen by die opgeknapte Main Change-gebou by Krugerstraat 20.
• 072 143 2312, loinclothandashes.com

mabonengprecinct.com