Kry jou hande op hierdie goeie boeke…
THE ART OF THE IDEA – AND HOW IT CAN CHANGE YOUR LIFE deur John Hunt, illustrasies deur Sam Nhlengethwa (Zebra Press, R220)
Dis idees wat die wêreld aan die gang hou, en niemand weet dit beter as John Hunt, die bekroonde toneel- en romanskrywer en wêreldwye kreatiewe hoof van TBWA, nie. In sy jongste boek verduidelik John hoe enigiemand die regte toestande vir kreatiwiteit kan skep. Hy glo idees diskrimineer nie en almal kan oorspronklik dink. Die boek is liefl ik geïllustreer met 20 oorspronklike skilderye en collages deur die hoogaangeskrewe Suid-Afrikaanse kunstenaar Sam Nhlengethwa.
A SENSE OF SPACE – THE GARDENS OF JAN BLOK deur Jan Blok en Lindsay Gray (Struik, R320)
As jy passievol voel oor liefl ike landskapontwerp of sommer net ’n ywerige tuinier is, is dié koffi etafelboek vir jou. Dit spog met ’n fyn uitgesoekte versameling van die bekende Suid- Afrikaanse landskap-en-tuinontwerper Jan Blok se werk, afgeneem deur die fotograaf Kim Thunder. Jan is bekend vir sy aangebore sin vir ruimte en vermoë om ’n tuin as ’n verlengstuk van ’n huis te ontwerp. Daar’s ’n groot verskeidenheid, van klassieke tuine tot Zen-pragstukke, en almal getuig van Jan se unieke kreatiwiteit.
IMMERGROEN – STORIES OOR PLANTE deur Dave Pepler, foto’s deur Lien Botha (Human & Rousseau, R275)
In November sal VISI se liefl ike plantebladsye, geskep deur Dave Pepler en Lien Botha, beskikbaar wees in ’n beeldskone koffi etafelboek wat ook essays en foto’s insluit wat nog nie voorheen gepubliseer is nie. Immergroen onthul die wonder van 25 inheemse plante in ’n viering van die talentvolle paar se jare lange bydraes in VISI. Wees op die uitkyk vir ’n spesiale afslag- en intekenaanbod in die volgende uitgawe.

