Gee my grondpad!

WOORDE: Alma Viviers


VISI se uitlegredakteur, Etienne Hanekom, het onlangs die nuwe BMW X1-sportnutsvoertuig getoets.

Die buitekant lyk elegant en sportief, terwyl die funksionele ontwerp van die binneruim sorg vir ’n heerlike bestuurservaring.

Die ingenieurs het, getrou aan die filosofie van BMW EfficientDynamics, hoogs doeltreffende enjins vir die nuwe BMW X1-reeks ontwikkel wat nie net goeie enjinkrag en lae brandstofverbruik bied nie, maar ook minder skadelike uitlaatgasse gee.

Vir die beste verrigting beveel Etienne die BMW X1 xDrive23d aan – met hom kan jy moeiliker terrein aandurf.

www.bmw.co.za