VISI reis na Tanzania

VISI spanlede Alma Viviers, Annemarie Meintjes en die fotograaf Dook, het onlangs na die Singita Grumeti gereis om ’n kampartikel aan VISI 58 lesers te bring. Alma deel eksklusief met VISI.co.za haar reiservaringe wat agter die skerms gebeur het.

Ons reis het nie op goeie voet begin nie; Daar was twee krisisse op twee verskillende roetes op die Gautrein, wat amper veroorsaak het dat ons nêrens heen sou gaan nie. Gelukkig was daar hoop vir VISI toe ’n baie hulpvaardige SAA werknemer (die enigste een wat ek al ooit teëgekom het?) ons uit ons pernarie gered het; ons was uiteindelik oppad na Dar Es Salaan. Sedert die meeste konneksievlugte na ander gebiede in die land van daar af vertrek het, was ons eerste voorsmakie van Tanzanië hierdie lewendige stad.

Ons het net vlugtig hier gestop en route na Singita en het die aand by die Hyatt Regency se kontemporêre hotel, Die Kilimanjaro spandeer.

Al beplan jy nie om in die hotel oor te slaap nie, moet jy beslis die Oriental Restauruant besoek – hulle bedien die lekkerste “dim sum” (Sjinese kos gestoom en bedien in madjies) en ons moes net eenvoudig ’n tweede porsie vark kluitjies te bestel. Die hotel het ook ’n ongelooflike dak-kroeg met ’n asemrowende uitsig oor die stad en hawe.

Vroegogend is ons terug na die Julius Nyerere Internasionale Lughawe om ’n huurvlug na die Sasakwa landingstrook via die Manyara Meer, via Arusha, via Zanzibar te neem. Die huurvlugte werk ietwat soos ’n trein of busdiens aangesien passasiers op-en-af klim by die verkeie kleiner landingstroke naby lughawens, nasionale parke, gastehuise en toeriste-aantreklikhede.

By Arusha Lughawe het ons yskoue Coke en warm slap tjips geniet na die lang rit. Annemarie en ek kon die pragtige kleurvolle Shukas nie weerstaan nie, en het elkeen ’n Maasai-kombers gekoop.

Na amper ’n hele dag se reis het ons uiteindelik by die Sasakwa Landingstrook in die Singta Grumeti Reservaat aangekom. Alhoewel ons die nuwe kamp kom besoek het, het ons in die Faru Faru lodge geslaap. Faru Faru is ’n klein, intieme lodge. Dit huisves 22 besoekers in agt suites en een enorme Villa Suite. Die pragtige suites is gebou uit klipmure met groot glasvensters wat ’n ongelooflike uitsig bied.

Die suites se eenvoud en goeie ontwerp beteken alle fokus word op die ontspanningsproses en ongelooflike omgewing geplaas. Die buitstort en private uitkykstoep in elke suite verseker dat jy nie noodwendig hoef te wag vir ’n wildrit om die natuur te kan geniet nie. Die gemeenskaplike areas soos die sitkamer-biblioteek en eetkamer het ook nét so ’n gedempte styl maar met ’n gevoel van kaalvoet-gemak.

Die kos was beslis iets om oor huis toe te skryf. Dit was moeilik om te kies tussen ’n gemiddeld van drie voor-, hoof- en nageregte. Die onvergeetlike disse het ’n heerlike tunaslaai, sappige fillet en te-mooi-om-t-eet panna cotta ingesluit.

Alhoewel ons nie baie tyd vir wildkyk gehad het nie, het ons die meeste wild besigtig terwyl ons oppad was om die Explore kamp te gaan afneem. Die oorvloed in die natuurlewe het verseker dat ons gelukkig was om groot troppe kameelperde asook olifante gesien het. Dit was asemrowend om te sien hoe die vlaktes letterlik vol honderde zebras, buffels en wildebeeste was.

Oppad terug het ons ’n alternatiewe roete geneem en by die Kilimanjaro Lughawe gestop. Annemarie wou baie graag die legendariese bergspits sien, aangesien sy al ’n paar keer in Tanzanië was maar nog nooit die berg gesien het nie. Tot geen verbasing, was die hogste berg in Afrika se spits toe onder die wolke.

Die koffiekroeg en restaurant by die Kilimanjaro Lughawe maak beslis ’n goeie indruk met sy boomtak dakbedekking. Die enkele boom maak ’n magiese dak soos die lig deur die groenigheid straal. Ons het die laaste aand in Dar Es Salaam by die Oyster Bay Hotel deurgebring. Die boetiekhotel is geleë in die Oyster Bay woonbuurt langs ’n indrukwekkende ry ampswonings. Kim Smith (Chris Weylandt se vrou) het die binneversiering van die hotel gedoen. Die hoteleienaar beskryf dit as “CAC” – Contemporary African Chic. Oesterbaai was beslis ’n fantasiese plek om die besoek af te eindig.

Wenke vir reis in Tanzanië

– As jy met ’n SA paspoort reis, kan jy by die lughawens aansoek doen vir ’n VISA, maar as jy die lang rye wil vermy kan jy dit vooraf by die Tanzaniese Hoëkommissie (www.tanzania.org.za) in Pretoria doen. Die hele proses neem slegs 24 uur. 

– Singita Grumeti Reservaat is deel van die wêreldmigrasie-roete. Die Groot Dieremigrasie beweeg gewoonlik tussen Junie en Augustus deur die park.

– As jy op safari gaan, probeer jou uitrustigkeuses neutraal hou. Donker klere soos vlootblou en swart is geneig om tsetse vlieë en ander goggas te lok.

 – Alhoewel kortbroek op safari aanvaarbaar is, moet jy onthou dat Tanzanië hoofsaklik ’n Islamitiese land is. Vroue moet daarom probeer om besleie klere te dra wanneer hulle stede besoek.

– Om Malaria op te doen is ’n werklikheid in Tanzanië. Maak seker jy praat met ’n dokter voordat jy reis en neem die nodige voorbehoedmiddels. Dra ook langmouklere en slaap met ’n mukietnet of gebruik muskiet-afweermiddel. 

– Safari bekomstighede soos ’n hoed, sonbrandmiddel en ’n sonbril is ’n moet. ’n Katoenserp is nie net ideaal om die son uit jou nek te hou nie, maar ook vir stowwerige ritte. Onthou ook om ’n baadjie saam te neem as jy in die wintermaande op wildritte gaan. Maak ook vooraf seker of die diens reënjasse insluit, anders is dit ’n goeie idee om jou eie saam te neem.

Meer inligting: Hyatt Regency Dar Es Salaam The Kilimanjaro, Singita Grumeti, Oyster Bay Hotel

Tags: