Keel tafel deur De Padova

Ons is mal oor die veeldoeligheid van die nuwe Keel-tafel wat die Sweedse ontwerpateljee Form Us With Love vir De Padova ontwerp het. Die Keel – ’n kruising tussen ’n tafel, stoel en modulêre rakeenheid – ondersoek die idee van ’n enkele voorwerp met ’n enkele funksie, en natuurlik bly die kenmerkende Skandinawiese elegansie nie agterweë nie.

Volgens Form Us With Love dra die naam Keel “die idee agter die projek oor – die vertikale verdeler in die tafel is gegrond op die middelswaard van ’n seilboot se kiel (“keel”)”. Die gekleurde vertikale deel reg in die middel van die bokant sorg vir stabiliteit en deurkruis die hele struktuur, wat uit ’n enkele stuk geboë hout bestaan en aan die meubelstuk sy eie statige elegansie verleen. Die tafel sal nonchalant tuis wees in enige omgewing met sy mengsel van ou en nuwe beelde, tradisionele lyne en flertse ironie. Die Keel is gemaak van berkelaaghout en word afgewerk in deurskynende vernis of akrielverf.

Suid-Afrikaners kan die Keel-tafel aanskaf by Generation Furniture, ’n spog-toonkamer wat onlangs in ’n ware inkopie-hemel verander is. Die handelsmerk het homself herskep en ’n indrukwekkende winkel in Hyde Park heropen. Generation Furniture vier sy 20ste bestaansjare met ’n uitstalling van ontwerperdekor wat sedert die jare sestig internasionale erkenning geniet, en De Padova is die jongste toevoeging tot hul indrukwekkende handelsmerkportefeulje.

Vir meer inligting, besoek www.formuswithlove.se of www.depadova.it 

Generation Furniture: (011) 325 5415, Winkel MM14 Hyde Park-winkelsentrum, Johannesburg.