FOTOS: David Ross | PRODUKSIE: Klara van Wyngaarden | WOORDE: Alma Viviers
Gewone herwinning is nie meer goed genoeg nie. Pleks daarvan om ou goed na die witolifant-tafel te stuur, gee jy dit ’n blinknuwe ontwerperslewe Met “upcycling”.
Die jongste internasionale gier is om verflenterde tapyte saam te stik en ’n luukse nuwe laslappiebedekking vir jou vloer te skep.
Ons het dié fabelagtige dubbelge-kleurde interpretasie by Paco in Greenside, Johannesburg, raakgeloop en dink dis ’n superslim manier om daai tragiese Persiese tapyte wat jy in die garage wegsteek, nuwe lewe te gee.
Laat wel die kleurwerk liewer aan die professionele mense oor… jou naaste droogskoonmaker sal dalk kan help. Laastens: Vergeet van vaal en vervelig en kies ’n lekker wilde kleur!
• Paco 011 486 0542, www.pacorugs.co.za

