Tydverdryf

WOORDE: Alma Viviers


Big Ben is dalk die beroemdste horlosie ter wêreld, maar die magdom slim nuwe ontwerperhorlosies wat Alma Viviers op die 2010 BMW Eurostyle-toer raakgeloop het, het ’n veel groter indruk op haar gemaak.

Vir haar finalejaarprojek aan die Kunsakademie in Berlyn het die Noorweegse student Elise Wilhelmsen tyd driedimensioneel uitgedruk, maar op ’n baie ongewone manier.

Haar 365-breihorlosie brei elke halfuur ’n steek sodat een sirkelry elke dag voltooi word. In ’n jaar brei die horlosie ’n 2 m lange buisvormige serp voordat jy ’n nuwe bol wol moet insit.

www.sirenelisewilhelmsen.com