FOTOS: Greg Cox | PRODUKSIE: Etienne Hanekom | WOORDE: Alma Viviers
Met die resessie wat nog in ons nek blaas, waardeer ons opnuut deugsame ontwerp en eerlike materiale.
In 2011 gaan ons steeds die gevolge van die resessie voel, wat beteken uitspattige glans en dekadensie sal dig toegesluit bly in die “oordaad”-kassie. Dié terugkeer na “beskeie” ontwerpwaardes beteken nie ons hunker terug na vervelige basiese standaard- stukke nie – ons gaan eerder weer eenvou-dige materiale, eerlike funksies en net die noodsaaklikste detail waardeer.
Die Elizabeth-hangkas van die Kaap-stadse maatskappy Pedersen + Lennard is ’n goeie voorbeeld. Luke Pedersen en James Lennard wou iets klassieks, sonder enige oordaad, skep toe hulle gevra is om onder meer ’n hangkas vir die Old Mac Daddy-woonwaprojek by Elgin te bedink.
Die kas is deur antieke Elizabethaanse hangkaste geïnspireer, maar die finale ont- werp is van alle detail gestroop en ’n onkon-vensionele, beskeie materiaal is gebruik om die kas te maak. “Die ontwerp gaan oor die materiaal,” sê Luke. “Die tekstuur steek al die voeë weg sodat die kas soomloos lyk.”
Glansveselbord (of OSB, wat staan vir “oriented strand board”), wat gewoonlik vir klank- of hitte-isolasie in geboue gebruik word, is digitaal gesny en met ’n ligte waterverflaag afgewerk om ’n skoon, sober voorkoms te verkry.

