Issue 56 Archives | Visi https://visi.co.za/tag/issue-56/ SA's most beautiful magazine Wed, 08 Jan 2025 18:54:29 +0000 en-GB hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.9.4 https://visi.co.za/wp-content/uploads/2023/02/cropped-ICO-32x32-Black-1-1-32x32.png Issue 56 Archives | Visi https://visi.co.za/tag/issue-56/ 32 32 Brug na (n)êrens https://visi.co.za/brug-na-nerens/ Fri, 28 Oct 2011 12:51:42 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/design/brug-na-naarens/ Y Tsai glo in die beginsel dat diverse idees tot ander Eureka!-oomblikke kan lei.

The post Brug na (n)êrens appeared first on Visi.

]]>
FOTO’S: John Second | WOORDE: Alma Viviers


 

Y Tsai glo in die beginsel dat diverse idees tot ander Eureka!-oomblikke kan lei. Daarom waag hy sy hand aan alles en nog wat: konseptuele ontwerp, praktiese oplossings vir maatskaplike kwessies, en die bevordering van ontwerpbeginsels in enigiets van argitektuur tot produkontwerp.

 Y Tsai dink uit die boks uit, letterlik. In drie van sy nuutste ontwerpe – ’n sportsentrum, voorskoolse klaskamer en rekenaarsentrum – gebruik hy ou skeepsvraghouers, maar op só ’n manier dat ’n mens nie kan glo dit was eens net ’n staalboks nie. Net soos sy veelbekroonde Nested Bunk Bed-ontwerp bied dié drietal ontwerpe ook oplossings vir werklike maatskaplike probleme in minderbevoorregte woonbuurte.

“Goeie ontwerp los probleme op,” sê hy. “As ’n ontwerper wat in Kaapstad woon, is dit moeilik om die uitdagings te ignoreer waardeur ek daagliks in die gesig gestaar word. Dis nie meer bevredigend om iets te ontwerp net omdat dit my op estetiese vlak aanstaan nie – ek wil probeer om ontwerp as ’n stuk gereedskap te gebruik waarmee ’’n mens positiewe veranderinge teweeg kan bring.”

Tsai glo pro bono- en luukse projekte is ewe belangrik, maar net omdat daar ’n beperkte begroting is, beteken nie minderbevoorregte mense moet aan die kreatiewe agterspeen suig nie. “Ek wil glo dié ingesteldheid het bygedra tot die sukses van hierdie NRO-projekte, wat op hulle beurt weer die publiek se verbeelding prikkel en hulle bewus maak van die probleme,” sê hy.

Om sy skeppende honger te stil begin Tsai ook sy eie projekte, wat produkontwikkeling en deelname aan ontwerpkompetisies insluit. Hy het onlangs ’n konseptuele ontwerpkompetisie, Re-imagining Cape Town, gewen waarin drie Kaapse “turksvye” geïdentifiseer is – die onvoltooide snelweg, die behoefte aan “groen” energie en die behuisingstekort – en deelnemers moes met ’n konsepte vorendagkom wat as antwoord dien op die vraag “Sê nou…?”

Sê nou ons kan die negatiewe in iets positiefs verander? Sê nou die berugte snelweg word iets ikonies wat ’n mens vir die wêreld wil wys? Sê nou ons het nie ’n windplaas nodig nie, maar gebruik alledaagse voorwerpe om passiewe energie vir die stad te oes? Sê nou die grond vir massabehuisingsprojekte raak op… hoe kan vertikale behuisingsprojekte tot die stadsomgewing bydra?

As deel van die skeppende proses vir sy snelwegvoorstel het Tsai projekte soos die New Yorkse High Line-park (sien bladsy 104-109) bestudeer: “Dit was duidelik dat Kaapstad se onvoltooide snelweg ’n plek van drama en skouspel kan wees omdat besoekers van daar af ’n fantastiese uitsig het op die middestad en die ikonieseTafelberg.” Bo en behalwe ’n besoekersentrum sluit Tsai se ontwerp ook ’n sonkragplaas in wat ’n oplossing bied vir die stad se groeiende energiebehoeftes.

Tsai gryp enige geleentheid aan om betrokke te raak by hoe Kaapstad as stad funksioneer – hy dien in die bodkomitee vir die Moederstad se poging om in 2014 die Wêreldontwerphoofstad te wees en is ook ’n lid van die Cape Town Design Network. “Ek het agtergekom dis ongesond om in ’n vakuum te werk as ’n mens

positiewe verandering teweeg wil bring. Jy moet deel wees van ’n groter gemeenskap,” verduidelik hy. “Pleks daarvan om in sak en as te sit oor die ekonomiese krisis of die swak ondersteuning van plaaslike ontwerp, het ek besluit om eerder my tyd en energie by te dra. In ruil kry ek die geleentheid om die toekoms te help vorm.”

Waar kom jou idees va ndaan?

 My hoofbron van idees is my waarnemings van die wêreld rondom my. Hierdie gewaarwordinge word betekenisvol wanneer daar ’n taak op my wag. Toe ek byvoorbeeld aan ’n kroegstoel gewerk het, het my waarneming tot ’n vraag gelei: Waarom moet stoelsitplekke plat wees? Die eindresultaat is ’n humoristiese interpretasie van die ondervinding om op ’n volstruis te ry – ek noem dit die Ostrich-kroegstoel.

Waar doen jy jou dinkwerk?

 Enige plek, solank ek pen en papier byderhand het.

Wie is jou kreatiewe held?

 Ouens soos Ravi Naidoo van Design Indaba en Charles Meisel, ’n maatskaplike entrepreneur en persoonlike mentor, is plaaslik aan die voorpunt van ontwerp. Op internasionale vlak bewonder ek argitekte soos Diller Scofidio + Renfro, wie se werk intellektueel is en oor briljante kreatiewe flair beskik. Hulle is die visionêre agter projekte soos die High Line-stadspark in New York en talle ander.

Meer inlugting:  Tsai Design Studio 083 729 1684, www.tsaidesignstudio.com

The post Brug na (n)êrens appeared first on Visi.

]]>
Minimalistiese kus-kuns https://visi.co.za/minimalistiese-kus-kuns/ Tue, 18 Oct 2011 12:03:14 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/architecture/minimalistiese-kus-kuns/ Die argitek Stephania Kallos, ’n boorling van Kaapstad, en haar vennoot, Abigail Turin, het hierdie huise met hulle beeldhoukwaliteite in Punta del Este, Uruguay, ontwerp om die meeste te maak van die uitsig en die binne-buite-leefstyl.

The post Minimalistiese kus-kuns appeared first on Visi.

]]>
FOTO’S: Dennis Gilbert, View | WOORDE: Jacquie Myburgh Chemaly


Die argitek Stephania Kallos, ’n boorling van Kaapstad, en haar vennoot, Abigail Turin, het hierdie huise met hulle beeldhoukwaliteite in Punta del Este, Uruguay, ontwerp om die meeste te maak van die uitsig en die binne-buite-leefstyl. 

Stephania Kallos, ’n gebore en getoë Kapenaar, is deesdae van Brittanje tot aan die Amerikaanse weskus as Modernistiese ontwerpmeester bekend. Maar wat haar en haar vennoot, Abigail Turin, se naam op almal se lippe gaan sit, is hulle bekroonde ontwerpe in die Uruguaanse stralerjakkersoord Punta del Este wat ons hier wys.

Die argitekspaar werk in Londen en San Francisco, maar die KallosTurin-styl is reeds onmiskenbaar: Daar is absoluut niks oorbodigs aan die skoon lyne en lenige eenvoud wat die twee reeds volledig hulle eie gemaak het nie.

Stephania, wat Suid-Afrika in 1996 ná haar studie verlaat het, sou aanvanklik net ’n tydjie in Londen deurbring, maar nou keer sy net vakansies terug na haar geboorteland toe. Sy sou baie graag iets in Kaapstad wou ontwerp, maar is tans te besig om die reputasie van haar trans-atlantiese praktyk te vestig en die Uruguaanse ontwikkeling te voltooi wat verlede jaar een van die gesogste argitektuurpryse, dié van die Royal Institute of British Architects, gewen het.

Die Villalagos-ontwikkeling aan die kus van Uruguay, naby die gewilde Punta del Este-oord (die sogenaamde Plet van Brasilië en Uruguay) het ’n spoggerige toonvenster geword vir KallosTurin se eiesoortige gebruiksklaar-argitektuur. Die duo lewer egter ’n volledige reeks ontwerpdienste en behartig ook interieur- en meubelontwerp indien ’n kliënt dit benodig.

Terwyl Stephania en Abigail oor die “voorkoms” van die Villalagoslandgoed getob het, het hulle besluit dit moet glad nie soos ’n gholfbaanontwikkeling lyk waar huise die unieke en dikwels ongerepte landskap ontsier nie. (Die ontwikkelaar is ’n Britse groep en tot dusver spog vyf van die “chacras” – of kleinhoewes – met ’n huis.)

Stelsel van stawe

Die twee argitekte het uiteindelik op ’n stelsel van “stawe” besluit, met elke huis wat uit ’n ander kombinasie van langwerpige vorms bestaan wat soos beeldhouwerke in die wilde landskap lyk.

“Ons was bekommerd oor die natuurskoon en het die landskap as ons belangrikste verwysingsbron gebruik… ons het besef ’n meer abstrakte ontwerp sal die kleinste impak op die landskap hê.”

Die vlakke en vorms het bra min met tradisionele huise in gemeen; dis eerder konseptuele kunswerke wat die natuurlike omgewing – van die mere en plantegroei tot die voëllewe – met respek behandel. Die opdraande gedeelte van die Colibri-huis wat op hierdie bladsye gewys word, is ’n eenverdieping-struktuur wat bestaan uit drie stawe wat op die helling verby mekaar skuif, maar soos die landskap wegsak in die suide, word dit twee verdiepings.

’n Hooffokus van al die huise wat tot dusver gebou is, is die skepping van binnehowe en buitelugruimtes, sodat daar altyd ’n plek is waar een van die belangrikste elemente van die Uruguaanse leefstyl – die “parilla”, oftewel braai – geniet kan word.

Die “parilla” laat ’n eenvoudige Suid-Afrikaanse braai skoon vaal lyk. Die Uruguane gebruik ’n stelsel wat bestaan uit twee roosters met ’n hok tussenin waarin die hout tot kole gebrand en dan volgens die sjef se vereistes onder die roosters ingeskuif word (die Uruguane gebruik slegs hout as hulle braai). Die roosters werk met ’n katrolstelsel wat dit op en af laat beweeg.

“Dit is die fokus van elke huis en ons het elkeen se parilla spesiaal laat maak,” sê Stephania.

Eiesoortige eenvoud

Een van die treffendste kenmerke van die Colibri-huis is hoe dit inskakel by die private meer en drywende paviljoen – ’n gastehuis waaroor ’n mens maar net kan droom. Dit is ’n duidelike verwysing na Stephania se gunstelinggebou, Mies van der Rohe se Barcelonapaviljoen, maar met die KallosTurin-span se eiesoortige eenvoud.

Stephania is ’n onbeskaamde minimalis, en beskou Moderne meesters soos Mies van der Rohe en Adolf Loos as haar grootste bron van inspirasie. Haar eerste werk in Londen was boonop by die opregte minimalis Claudio Silvestrin, terwyl sy haar binneargitektuurvaardighede geslyp het by nog ’n minimalis, David Chipperfield-argitekte, net mooi toe hulle besig was om Dolce & Gabbana se winkels reg oor die wêreld te ontwerp.

“Ons verkies om ’n palet van eenvoudige materiale te gebruik, maar om dan die beste in daardie materiale na vore te bring,” verduidelik sy.

Tog kry die KallosTurin-duo dit reg om sweempies aweregse prêt in te werk, wat help om die eenvoudige lyne van hulle minimalistiese ontwerpe te beklemtoon. In Colibri, een van die eerste huise wat by Villalagos gebou is, is dit die verrassende skulpranddetail wat deur ’n hotel in Capri geïnspireer is en wat die reguit lyne op een van die buitemure breek.

Hoewel KallosTurin se ontwerpe deur van die wêreld se bekendste minimaliste geïnspireer is, kry hulle dit reg om ook hulle eie meesterlike ontwerptaal te skep: Ons noem dit sielvolle eenvoud.  

KallosTurin: 00 44 207 229 5840, www.kallosturin.com, info@kallosturin.com

Villalagos: www.villalagos.com.uy

The post Minimalistiese kus-kuns appeared first on Visi.

]]>
Die gelukkige nommer 13 https://visi.co.za/die-gelukkige-nommer-13/ Wed, 05 Oct 2011 09:47:12 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/architecture/die-gelukkige-nommer-13/ Dertien is die eerste huis wat die vermaarde argitek Johann Slee vir homself en sy gesin ontwerp en gebou het — letterlik van begin tot einde.

The post Die gelukkige nommer 13 appeared first on Visi.

]]>
WOORDE: Alma Viviers | FOTO’S: Greg Cox | PRODUKSIE: Etienne Hanekom


Dertien is die eerste huis wat die vermaarde argitek Johann Slee vir homself en sy gesin ontwerp en gebou het – letterlik van begin tot einde.

Die argitek Johann Slee is bekend vir die kenmerkende woonhuise wat hy ontwerp, byvoorbeeld die Rooi Huis wat in die Phaidon Atlas of 21st Century World Architecture opgeneem is, of die Kliphuis wat hom in 2008 ’n merietetoekenning van SAIA besorg het. Albei is indrukwekkende kontemporêre strukture wat uit soliede vorms ontstaan het.

Daarom is dit ietwat van ’n verrassing dat hy pleks van sy herkenbare, bekroonde styl hom eerder op die volksboustyl van die Weskusdorpie Paternoster verlaat het toe hy die heel eerste keer ’n splinternuwe huis vir homself ontwerp het.

Dit was die egtheid en kenmerkende karakter van Paternoster, asook die feit dat dit slegs ’n uur en ’n half per motor weg is van hulle huis en ateljee in Dorpstraat, Stellenbosch, wat die Slees oortuig het om ’n erf op Paternoster te koop. “ ’n Mens doen die sommetjies oor wat jy kan bekostig en waarvan jy hou,” verduidelik Johann. “Maar Paternoster beskik oor ’n egtheid, en ons was bly om hierdie spesifieke erf in ’n gevestigde woonbuurt te ontdek. Ons wou ook ’n uitsig oor die see hê, en gelukkig kan niemand hier voor ons bou nie.”

Die uitsig van hulle ’n groot stoep af word aan al twee kante geraam deur bestaande huise. Aan die een kant is Tientjie (wat in VISI 56 te sien was), die nederige vissershuisie wat die Slees onder hulle vlerk geneem en as ekstra blyplek ingerig het.

Vir hulle hoofvakansiehuis wou hulle ’n oop, sosiale huis hê waar ’n mens ’n band met ander voel, al is jy dalk stoksielalleen daar; ’n plek wat groot genoeg is vir vriende en familie, maar wat terselfdertyd intiem genoeg voel wanneer net Johann en René daar gaan uitspan. 

’n ‘H’ sonder een been

In tipiese Paternoster-styl het die huis ’n spitsdak met afgewitte mure en houthortjies in ’n grysgroen kleur. Aan die binnekant sorg fieterjasielose materiale en afwerkings soos duursame Maplette-vloere, aluminiumrame en oop houtbalke vir eerlike eenvoud.

Die plan is ’n basiese H-vorm, minus een van die bene. Van die straat af vorm die binnehof tussen die twee vleuels (die een huisves die kombuis en die ander die slaapkamers) ’n heerlike groot stoep, terwyl die oorkantste binnehof met die ingeboude braaiplek bedek is om ’n beskermde ruimte te vorm wanneer die weer verander.

Die oopplankombuis met sy lang houttafel en ingeboude houtpizzaoond – hulle kinders se enigste ontwerpvereiste – is ’n gemeenskaplike ontmoetingsplek. Hier bring die gesin baie aande deur en maak saam pizzas: “Almal is betrokke – of jy nou help om deeg te maak of die bestanddele opkap,” sê Johann.

Johann hou ook daarvan om sy esel in die binnehof staan te maak waar die polikarbonaat-dakplate die lig demp. Hy skilder wat ook al vir hom mooi is: ’n tros vars visse wat hy by die plaaslike vissermanne koop, ’n vaas vol riete, soms fynbos. “Sommige dae val die lig perfek op die water en maak alles silwer; ek probeer daardie lig in my skilderye vasvang,” sê hy.

Terwyl Johann skilder, sal jy vir René met ’n boek op die stoep aantref, of by haar Scrabble-tafel. “Ek is mal oor Scrabble, maar niemand wil ooit saam met my speel nie, en daarom het ek ’n eenman-Scrabble ontwikkel,” lag sy. “Ek laat my regterhand teen my linkerhand meeding!”

As ’n mens hom vra of sy skilderwerk ’n invloed het op sy benadering tot argitektuur, dink Johann ’n wyle. “Ek veronderstel dit gaan alles oor ’n manier van kyk, om waar te neem. Ek dink dit oefen jou oë. Ontwerp hang daarvan af om ’n goeie oog te hê; jy moet weet wanneer ’n proporsie of komposisie reg is.”

Nog ’n belangrike invloed op sy ontwerpbenadering was hulle verhuising van Gauteng na die Wes-Kaap in 2008. “Hier bestaan dinge binne ’n duideliker konteks,” verduidelik Johann. “Ek voel jy moet hier meer eerbiedig wees teenoor die dinge wat rondom jou gebeur.” Hy sê dit is moeiliker om die volksboustyl in Gauteng te identifiseer omdat dit verdwerg word deur die snelle ontwikkeling, terwyl die boustyle van verskillende plekke in die Wes-Kaap veel duideliker is.

“Maar dit het ook met ouderdom te doen,” erken hy. “Wanneer jy jonk en ambisieus is, waag jy en doen net wat jy wil, maar soos jy ouer word, besef jy hoe belangrik dit is om sensitief om te gaan met jou omgewing.”

MOENIE VERGEET NIE: Johann en René Slee wys die ware kleure van hulle lieflike Weskus-vissermanshuisie in VISI 56, wat nou te koop is.

The post Die gelukkige nommer 13 appeared first on Visi.

]]>
Our blue moodboard https://visi.co.za/our-blue-moodboard/ Tue, 16 Aug 2011 16:37:24 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/design/our-blue-moodboard/ In planning VISI 56, we collected many images to make up our virtual blue moodboard. Now it's your turn to be inspired. Watch our video.

The post Our blue moodboard appeared first on Visi.

]]>
VISI 56, on sale now, is the VISI team’s tribute to our favourite colour of the moment. In planning this issue, we collected many images to make up our virtual blue moodboard. Now it’s your turn to be inspired. Watch our video:

Can’t view this video in your browser? View it directly on YouTube.com.

The post Our blue moodboard appeared first on Visi.

]]>
Take Jacques Erasmus home https://visi.co.za/take-jacques-erasmus-home/ Tue, 16 Aug 2011 11:50:40 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/decor/take-jacques-erasmus-home/ Jacques Erasmus, owner and chef of Hemelhuijs restaurant in Cape Town, has translated his love affair with ceramics into a beautiful homeware collection of his own.

The post Take Jacques Erasmus home appeared first on Visi.

]]>
PHOTOS: Micky Hoyle


Jacques Erasmus, owner and chef of Hemelhuijs restaurant in Cape Town, has translated his love affair with antique ceramics into a beautiful homeware collection of his own.

“There’s something so fresh and relevant about the old pieces that they inspired me to create my own range,” Jacques says. “I’ve collaborated with potter Noeleen Reed and Ella Lou O’Meara, who are both experts on the subject.”

The black stoneware items, which are safe to use in the microwave and dishwasher, work particularly well in a collection. This is probably why most customers buy them en masse, Jacques notes. The simple colouring also means that each vessel’s striking, functional shape becomes the hero of the design.

All the items are handmade in limited quantities, making them collectors’ pieces, and Jacques keeps adding more designs. A little bird also told us that an entirely new collection, inspired by a new spring menu and fresh new interiors at Hemelhuijs, is on its way…

Browse through our online gallery to view the collection and read our exclusive interview with Jacques in VISI 56, our “Into the Blue” issue, which is on sale now.

The post Take Jacques Erasmus home appeared first on Visi.

]]>
Lucky number 13 https://visi.co.za/lucky-number-13/ Tue, 16 Aug 2011 11:12:27 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/architecture/lucky-number-13/ Dertien is the first house for himself and his family that renowned architect Johann Slee has designed and built from scratch.

The post Lucky number 13 appeared first on Visi.

]]>
PHOTOS Greg Cox | PRODUCTION Etienne Hanekom | WORDS Alma Viviers


Dertien is the first house for himself and his family that renowned architect Johann Slee has designed and built from scratch.

Architect Johann Slee is known for designing signature residences like the Red House, featured in the Phaidon Atlas of 21st Century World Architecture or the Stone House that won him a SAIA Merit award in 2008. Both are imposing contemporary structures carved out of solid forms. So it is somewhat surprising that when, for the very first time, he designed his own home from scratch, it was not in his own signature style but rather in the vernacular of the little coastal village of Paternoster.

It was the authenticity of Paternoster and it’s distinctive character, along with the fact that it is only an hour and a half’s drive from their home and studio on Dorp Street in Stellenbosch, that seduced the Slees to buy in Paternoster. “You do the math of what you can afford and what you like,” Johann explains. “There is a realness to Paternoster and we liked the fact that this specific plot is in a settled, established neighbourhood. We also wanted a view of the sea and that nobody can build in front of us here.”

The view from their generous stoep is framed on both sides by existing houses. On the one side is Tientjie (featured in VISI 56), the modest fisherman’s cottage that the Slees also took under their wing as overflow accommodation.

For their main holiday home they wanted an open, sociable house where one would feel connected to others even when there on your own; a place big enough to accommodate friends and family but intimate enough for just Johann and René.

An ‘H’ minus the legs

In typical Paternoster style, the house has a pitched roof with whitewashed walls and wooden shutters in a grey-green shade. Inside, no-fuss materials and finishes, like the durable Maplette flooring, aluminium frames and exposed wooden beams, give the house an honest simplicity.

The plan is a basic H-shape minus one of the legs. From the street side, the courtyard between the two wings (one housing the kitchen and the other the bedrooms) forms a generous stoep, while the opposite courtyard with built-in braai is covered to create a protected space when the weather turns.

The open-plan kitchen with its long, wooden table and a built-in wood-fired pizza oven – the only design requirement from their children – is the communal meeting place. Here, the family spends evenings making pizzas together: “Everyone gets involved, making dough and chopping toppings,” says Johann.

Johann also likes to set up his easel in the courtyard where diffused light filters through polycarbonate roofing. He paints what he finds beautiful – a bundle of fish bought from local fishermen, a vase of reeds, and some fynbos. “On some days the light hits the water and it goes all silver; I try to capture that light,” he says.

While Johann is painting away, you’ll find René reading on the stoep or at her Scrabble table. “I love Scrabble, but nobody ever wants to play with me, so I’ve developed one-man Scrabble,” she laughs. “I play my right hand off against my left hand!”

Asked if painting influences his approach to architecture, Johann ponders for a moment: “I suppose it is all about a way of seeing; about observation. I think it trains your eye. Design depends on having a good eye, you have to know when a proportion or composition is right.”

Another discernable influence on his approach was the move from Gauteng to the Western Cape in 2008. “Things are more contextual here,” Johann explains. “I feel you have to be more respectful of what’s happening around you.” He goes on to say that it is much more difficult to recognise the vernacular in Gauteng, since it is dwarfed by rapid development, whereas in the Western Cape, the vernacular of the different places is much stronger.

“But it also has to do with age,” he admits. “When you are young and ambitious you go all out and do whatever you like but as you get older you realise the importance of responding with sensitivity to your surroundings.”

TAKE NOTE: Johann and René Slee reveal the true colours of their rustic, West-Coast fisherman’s cottage in VISI 56.

• Slee and Co Architects: 021 887 3385, slee.co.za

The post Lucky number 13 appeared first on Visi.

]]>
VISI 56 is out! https://visi.co.za/visi-56-is-out/ https://visi.co.za/visi-56-is-out/#comments Mon, 15 Aug 2011 16:56:55 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/design/visi-56-is-out/ Blue-sky thinking, New York’s High Line, The Blue House in Gordon’s Bay and indigo decor — find all of this and more in VISI 56, on sale now.

The post VISI 56 is out! appeared first on Visi.

]]>
Blue-sky thinking, New York’s High Line, The Blue House in Gordon’s Bay and indigo decor – find all of this and more in VISI 56, on sale now.

Our “Into the blue” issue is entirely dedicated to this year’s most important colour trend. To coin a cliché, blue is without a doubt the new black, and all tones of the colour are to be seen in design around the world – from fashion to decor.

In true VISI style, we also tackled the trend laterally and therefore looked for South Africa’s most exciting “blue-sky thinkers”. We went “into the blue” on the country’s most wonderful rooftops, and we looked through glass and windows for the best views here and abroad.

Find bonus stories, pics and videos that tie into this issue of VISI right here on VISI.co.za:

– GALLERY: Jacques Erasmus’ homeware collection

– VIDEO: Be a fly on the wall at our Blue House shoot

– VIDEO: A fly-through animation of New York’s High Line urban park

– GALLERY: More pics from our Fish River Lodge feature

– BONUS STORY: Johann Slee’s house in Paternoster

Inspired? Email your best blue images and designs to web@visi.co.za to share with the rest of the VISI community.

Also complete our new VISI reader survey and we could draw you as the lucky winner of a Le Creuset pasta pot worth R2848! And take a peek at our fantastic subscription offer… (save R100!)

The post VISI 56 is out! appeared first on Visi.

]]>
https://visi.co.za/visi-56-is-out/feed/ 3
The Blue House https://visi.co.za/the-blue-house/ Fri, 12 Aug 2011 15:48:46 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/architecture/the-blue-house/ With a dramatic coat of paint, the architect couple Johan and Gardiol Bergenthuin have reinforced the main design concept of their Gordon’s Bay holiday home: that of go-between for mountain, sea and sky.

The post The Blue House appeared first on Visi.

]]>
PHOTOS & VIDEO: Dawie Verwey | PRODUCTION: Sumien Brink | WORDS: Johan van Zyl


With a dramatic coat of paint, the architect couple Johan and Gardiol Bergenthuin have reinforced the main design concept of their Gordon’s Bay holiday home: that of go-between for mountain, sea and sky.

Deciding to repaint the central part of their holiday home in intense blue was based on a love for richness and vibrancy. The couple went ahead and chose a colour known as Azul Colonial, even though estate agents warned them brightly coloured houses don’t sell.

Watch the video below for a behind-the-scenes tour of the shoot for VISI 56, our “Into the Blue” issue, on sale now.

More information: www.lljb.co.za, www.gardiol.co.za, 011 793 4439

Can’t view this video in your browser? View it directly on YouTube.com

The post The Blue House appeared first on Visi.

]]>
I love New York https://visi.co.za/i-love-new-york/ Fri, 12 Aug 2011 13:36:05 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/architecture/i-love-new-york/ The unconventional High Line urban park in New York City not only offers city dwellers a welcome respite from the harshness of the concrete jungle but also a post-industrial view of nature.

The post I love New York appeared first on Visi.

]]>
WORDS: Nadine Rubin Nathan | PHOTOS: Paul Nathan


The unconventional High Line urban park in New York City not only offers city dwellers a welcome respite from the harshness of the concrete jungle but also a post-industrial view of nature.

This abandoned stretch of overgrown elevated railroad is now a public promenade. Find out why it’s South African Nadine Rubin Nathan’s favourite place to escape to during the sweltering summer in VISI 56, our “Into the Blue” issue, which is on sale now.

Also take a look at this four-minute fly-through animation of the design for Sections 1 and 2 of High Line, made possible by the Trust for Architectural Easements, and produced by Brooklyn Digital Foundry:

Can’t view this video in your browser? View it directly on YouTube.com

The post I love New York appeared first on Visi.

]]>
The edge of eternity https://visi.co.za/the-edge-of-eternity/ Fri, 12 Aug 2011 12:24:27 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/lifestyle/the-edge-of-eternity-2/ Echoing the linearity of the landscape, the twenty chalets of the Fish River Lodge are strung like beads on a string or vertebrae on a spine along the western rim of the second largest canyon in the world.

The post The edge of eternity appeared first on Visi.

]]>
PHOTOS: Dook | PRODUCTION: Annemarie Meintjes | WORDS: Alma Viviers


Echoing the linearity of the landscape, the twenty chalets of the Fish River Lodge are strung like beads on a string or vertebrae on a spine along the western rim of the second largest canyon in the world.

VISI takes a trip to the Namibian lodge and discovers quiver trees, layers of dolomite and granite rock, and low-key contemporary interiors that look out onto breathtaking views.

Have a look at the bonus pictures in our online gallery and read the full article in VISI 56, “Into the Blue”, on sale now.

More information: www.fishriverlodge-namibia.com, +264 61 246 788

The post The edge of eternity appeared first on Visi.

]]>