Issue 54 Archives | Visi https://visi.co.za/tag/issue-54/ SA's most beautiful magazine Mon, 11 Apr 2016 10:55:02 +0000 en-GB hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.9.4 https://visi.co.za/wp-content/uploads/2023/02/cropped-ICO-32x32-Black-1-1-32x32.png Issue 54 Archives | Visi https://visi.co.za/tag/issue-54/ 32 32 Smart Idea: All bark and no bite https://visi.co.za/smart-idea-all-bark-and-no-bite/ Tue, 20 May 2014 16:07:15 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/decor/smart-idea-all-bark-and-no-bite-2/ Annemarie Meintjes lends a dash of French flair — and new functionality — to snubbed alien vegetation.

The post Smart Idea: All bark and no bite appeared first on Visi.

]]>
PHOTO Dook PRODUCTION Annemarie Meintjes PRODUCTION ASSISTANT Ane Matthee


Annemarie Meintjes lends a dash of French flair – and new functionality – to snubbed alien vegetation.

Now that the “green police” are felling alien trees that have been rooted on our pavements and mountain slopes for years (long before any member of their team was born), tree stumps and logs have become easily available. The good news is that they make excellent stools.

For a cute, quirky seating solution, simply cover segments of discarded wood – of various heights and shapes – with woollen berets in your choice of colours. If the fit is too tight, wet the beret before stretching it over the log. You’ll find berets for as little as R20 each (from traders on the pavements where the trees once stood).

For a softer seat, cut a circle of high-density foam and slip it between the trunk and the beret.

Did you like this Smart Idea? See others here.

The post Smart Idea: All bark and no bite appeared first on Visi.

]]>
Salueer die monsieur! https://visi.co.za/salueer-die-monsieur/ Mon, 08 Aug 2011 12:35:12 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/decor/salueer-die-monsieur-2/ Stukke indringerhout kry danksy Annemarie Meintjes se ingryping ’n tikkie Franse flair — en ’n nuwe rol.

The post Salueer die monsieur! appeared first on Visi.

]]>
Foto: Dook | Produksie: Annemarie Meintjes | Produksie-assistent: Ane Mathee 


Stukke indringerhout kry danksy Annemarie Meintjes se ingryping ’n tikkie Franse flair – en ’n nuwe rol.

Sedert die “groen polisie” op sypaadjies en teen berghange voor die voet ontslae raak van indringerbome wat donkiejare ouer is as hulle, loop ’n mens gedurig lieflike boomstompe raak – en die goeie nuus is jy kan dit maklik in sitplek vir jou tuin omskep.

Probeer gerus hierdie oulike, spitsvondige plan vir ekstra tuinstoele: Gebruik boomstompe van verskillende groottes en trek dit oor met wolbarette in die kleur van jou keuse. As die baret net-net te klein is, kan jy dit natmaak voor jy dit oor die stomp rek. Barette is vir so min as R20 te kry by sypaadjieverkopers – ja, die einste sypaadjie waar die indringerboom eens gestaan het – of teen R30 by enige tak van Pep Stores.

Om die sitplek nóg sagter te maak kan jy ’n sirkel hoëdigtheidskuim tussen die hout en die baret indruk.

The post Salueer die monsieur! appeared first on Visi.

]]>
A French touch https://visi.co.za/a-french-touch/ Mon, 08 Aug 2011 10:58:43 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/decor/a-french-touch-2/ Upgrade old tree trunks with woolen berets, and use a couple on your stoep for an eco-friendly, comfortable seating solution.

The post A French touch appeared first on Visi.

]]>
PHOTO: Dook | PRODUCTION: Annemarie Meintjes | PRODUCTION ASSISTANT: Ane Matthee


 

Now that the green police are cutting down trees that have been rooted on our pavements, long before any member of their team was born, tree trunks have become easily available – and – they make excellent garden stools!

Upgrade yours with woolen berets, R20 each, from traders on the pavements where the trees once stood, or R29,99 from any PEP store.

For a softer seat, cut a circle of high density foam and slip it between the trunk and the beret.

And if the fit is too tight, wet the beret before fitting it.

The post A French touch appeared first on Visi.

]]>
Stil-stil kreatief https://visi.co.za/stil-stil-kreatief/ Mon, 20 Jun 2011 10:47:21 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/lifestyle/stil-stil-kreatief-2/ Daar ís nog ’n stil hoekie in die woelige Kaapse sakehart, ’n ware toevlugsoord vir stresoorlaaide stadsjapies: Birds Boutique Café is ’n vergestalting van die Stegmann-vroue, die een so elegant-onopgesmuk en goedhartig soos die ander.

The post Stil-stil kreatief appeared first on Visi.

]]>
FOTO’S: Mark Serra | PRODUKSIE: Sumien Brink | WOORDE: Sam Woulidge


Daar ís nog ’n stil hoekie in die woelige Kaapse sakehart, ’n ware toevlugsoord vir stresoorlaaide stadsjapies: Birds Boutique Café is ’n vergestalting van die Stegmann-vroue, die een so elegant-onopgesmuk en goedhartig soos die ander.

Dis nie eintlik die soort hawe wat ’n mens in ’n ou gebou in Breestraat verwag nie, dié asemskepplek wat getuig van gesofistikeerde eenvoud, opregtheid en ingetoë skoonheid. Hier draf jy nie in vir ’n blitsige beker boeretroos of iets wat vinnig daardie gaatjie in jou maag kan vul nie. Om die waarheid te sê, as jy haastig is, gaan die Birds Boutique Café jou teen die mure uit dryf, en met jou sekondetellery gaan jy op jou beurt weer die saggeaarde moeder-en-dogterduo en die ewe talentvolle suster (wat soms daar is en soms nie) in die harnas jaag.

Vat jou tyd, wees bereid om ’n tafel te deel, luister na die opname van voëlgeluide en waardeer die moeite wat die grafiese ontwerper Frauke Stegmann gedoen het om haar ma, Mathilde, en suster Heike se behoeftes te interpreteer. Waarna hulle op soek was, is ’n interieur wat die nederigheid, eerlikheid en harde werk van hulle onwrikbare geloof in organiese boerdery en kos-met-inbors weerspieël.

Frauke het met materiale gewoeker wat ’n mens in enige ysterwarewinkel raakloop – plastiekkratte wat saam-saam stoele vorm, bokkietafels, velle skuimrubber, laaghout, draadkaste en ongebleikte linne – om iets werklik spesiaals te skep, natuurlik met heelwat insette van Mathilde en Heike. Want hier tussen die swaanligte van porselein en die linnegordyn wat die kombuis wegsteek, vind ware transformasie plaas: Die doodgewone word buitengewoon, en geskiedenis en die groter familie kry ’n ereplek.

Outyds en sjarmant

Die kos by Birds is heerlik, maar nie “oordoen” of “oorontwerp” nie. Die aanbieding en spesiaalontwerpte breekware is beeldskoon. Die koeke is geil en outyds eerder as wat dit delikate o-so-perfekte kunswerke genoem kan word. Bestel gerus die heerlike appeltert, die oorlopens toe vol spinasiequiche of die hartvormige koekies vol kleurstrooisels… alles outyds en sjarmant, maar nie wat ’n mens jappie-gesofistikeerd sal noem nie.

Vir Mathilde en Heike is die kos wat hulle maak, nie regtig “Slow Food” nie – eerder iets veel meer holisties. “Vir ons gaan dit oor die geskiedkundige verbintenis, wat belangriker is as die aanbieding,” sê Heike. “Die rustieke outydse koeke vorm deel van die familie se fieterjasielose Germaniese kostradisie op die Namibiese plase van die vroeë twintigste eeu, terwyl die hartvormige koekies ’n weerspieëling is van my ouma se geskiedenis in Windhoek in die jare sestig.”

Vir Mathilde is die kombinasie van tydlose Germaanse Leidenschaft (“passie”) en Afrika betekenisvol. “Estetiese perfeksie is pretensieus in die konteks van Birds Boutique Café, waar gehalte en passie eerder koning kraai, maar minimalisme in sy suiwerste vorm behou word. ’n Mens moet besluit wat die belangrikste is in die lewe, en vir my is dit familie, kos, die tafel… Hier by Birds kry ’n mens weer ’n blik op die kreatiewe gees wat jou inspireer.”

Dis nie net mooipraatjies nie. Hier drink jy Milchkaffee uit ’n gouerand-bakkie, of moerkoffie uit die fynste handgemaakte porselein. Frauke, wat die breekgoed ontwerp het, verduidelik: “Daar is ’n intieme verhouding tussen die klant en die breekgoed, veral die koppies. Die breekgoed was ’n groot uitdaging, veral omdat die materiaal wat vir die interieur gebruik is, alles baie sober is. Dit het nie sin gemaak om nuwe breekgoed te koop nie… ek het eerder deur ou ‘rommel’ gesif, maar pleks daarvan om die ‘rommel’ net so te gebruik het ek ’n nabootsing daarvan gemaak uit porselein. Ek het my dus vir ’n wyle afgesluit van die verlede en iets gemaak wat nuut en reg is vir nou.”

Frauke het stukke by die Milnerton-mark aangeskaf en die vorms in delikate porselein gegiet. Só het sy goed uit die jaar toet herskep om uiteindelik ’n heeltemal nuwe reeks breekgoed te vorm.

Hier word saam-saam gewerk

Herskepping is die Stegmann-vroue se sterk punt. Hulle het die groot, oop vlaktes van Namibië vir ’n wyle verruil vir die Bo-Kaap, waar die stadsgeluide, die imam se geroep uit die moskee en die gedruis van ’n bedrywige gemeenskap die stilte en eensaamheid van die woestyn verdryf. Hulle woon naby die eetplek, waar hulle saam werk en skep as ’n familie. Dis ’n leefstyl waaraan hulle nou gewoond is.

Heike noem dit ’n “bewustelike en geduldige maar tog ook onderbewustelike verstandhouding, ’n konstante spieëlbeeld, ’n natuurlike gevoel van die regte ding”. Frauke se ateljee is langsaan en Heike se dogter, Anna, kom smiddae ná skool na die eetplek toe om middagete te geniet en haar huiswerk te doen. Dit is ook waarheen die ander twee susters, Birgitte en Anke, en hulle gesinne Saterdagoggende kom om mekaar se geselskap te geniet.

Birds het sy deure in 2005 geopen en sedertdien is weinig verander. Kapenaars is teen dié tyd gewoond daaraan om soms ’n tafel met vreemdelinge te deel – of te wag vir ’n behoorlike koppie koffie wat op die regte manier gemaak word, ’n glas verruklike wildevysap of gewoon die eenvoudige elegansie wat ’n mens in hierdie chaotiese hoekie van die stad kry. Besoekers kan dadelik die eiesoortige kombinasie van energie en kreatiwiteit aanvoel, die ongelooflike liefde en lojaliteit van die vroue, en die uitnodiging om hier hulle batterye te kom herlaai.

Maar wat doen Mathilde, Heike en Frauke om hulle kragte te herwin? “Ons gaan kamp,” sê Frauke. “Dis ’n belangrike familietradisie wat teruggaan tot hier rondom 1900, toe hulle dit vreeslik stylvol aangepak het. Só leer ’n mens om die skoonheid in die kleinste dingetjie te waardeer – die klein blommetjie in die sand, die dik mis wat soggens oor die sandduine inrol, die pers en pienk skakerings wanneer die son opkom of sak, die gras (of dit nou droog of groen is), al die verskillende dorings van die doringbome en die verskillende soorte se blomknoppies in die lente en somer.”

Die Namibiese landskap is duidelik ’n belangrike deel van hierdie vroue se wese. “Miskien is dit omdat ’n mens ontneem word van die toegang tot skoonheid in die Europese sin, asook die groot afstand tussen ons en Europa en sy ontwerpkonteks, maar hier leer jy om oor die weg te kom met en te waardeer wat jy het. Jy leer om die potensiaal van alles raak te sien, om kreatiewe verbande tussen verskillende velde te lê. Tot vandag toe maak dit vir my persoonlik sin om te gaan kamp wanneer jy met uitlegte en tipografie werk. Om al jou kampgoed in voertuie en waentjies te pak sodat dit perfek pas, is die heel beste oefening vir jou oog om die grootte en kombineerbaarheid van dinge binne ’n regte ruimte te skat.”

Respek, liefde en bewondering

Daar is iets sags en liefs aan die manier hoe die vroue met mekaar omgaan – nie op ’n aansitterige manier nie, maar met respek, liefde en bewondering, wat spruit uit hulle onwrikbare liefde en hoë agting vir Mathilde.

“Ek bewonder my ma se sensitiwiteit, haar intellek, skoonheid en diepte, haar geskenke van die gees, en haar siel en natuurlikheid,” sê Heike. “Sy is totaal onpretensieus, sy ken die ware betekenis van eenvoud en suiwerheid, en sy kan sonder enige inmenging skoonheid in absoluut alles herken.”

Volgens Frauke het die sin vir die estetiese wat haar ma uitstraal of verteenwoordig, niks te doen met die feit dat sy baie bevoorreg is nie. “Dit sal byvoorbeeld te maklik wees om bloot duur ontwerperstoele te koop, wat in elk geval nie noodwendig beteken jy het goeie smaak nie. Dit gaan alles oor meer subtiele dinge wat jy nie op ’n winkelrak kry nie. Dit is die soort estetiese waardering wat aan my ma se idees ’n langdurigheid verleen, iets wat veel meer is as enige standaardproduk wat jy in ’n winkel kan koop.”

En hoewel hulle verkies om saam te werk en hoewel alles wat hulle doen, losweg by mekaar aanklank vind, is die familienalatenskap waaraan hulle werk, op geen manier geforseer of voorskriftelik nie. Hulle kom en gaan en skep net soos hulle wil. Hulle beplan en werk aan etlike projekte waarby verskillende familielede betrokke is, maar alles sal onthul word wanneer die tyd ryp is daarvoor. Want net soos met hulle inherente kreatiwiteit, is dié vroue ook almal met ’n ander eienskap gebore: Die absolute weiering om aangejaag te word. 

Birds Boutique Café: +27 (0)21 426 2534, Breestraat 127, Kaapstad, Maandae tot Vrydae 08:00-18:00 en Saterdae 08:00-14:00

The post Stil-stil kreatief appeared first on Visi.

]]>
Waar die visarende roep… https://visi.co.za/waar-die-visarende-roep/ Mon, 20 Jun 2011 10:26:08 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/architecture/waar-die-visarende-roep/ Frank Lloyd Wright se organiese argitektuur was die inspirasie vir die gesinshuis wat F.C. en Joleen Buys in Pretoria gebou het, boonop grootliks met herwinde materiaal. Die resultaat is die ene skoon lyne.

The post Waar die visarende roep… appeared first on Visi.

]]>
FOTO’S: Dook | PRODUKSIE: Annemarie Meintjes | WOORDE: Ronel Nel


Frank Lloyd Wright se organiese argitektuur was die inspirasie vir die gesinshuis wat F.C. en Joleen Buys in Pretoria gebou het, boonop grootliks met herwinde materiaal. Die resultaat is die ene skoon lyne.

Met die eggo van ’n visarend wat bo jou kop sweef en ’n glas koel pinot noir op die dek is dit moeilik om te glo jy sit slegs enkele kilometer van die N1-snelweg af. Of minute weg van die hoofstad se hart. Want hier is dit net bos en rooihartbeeste, asuurblou lug wat bo-op blink water rus, en die soel lyne van ’n huis wat ruim om sy eie asse staan.

Floris (F.C.) en Joleen Buys se huis naby die Roodeplaatdam, noordoos van Pretoria, is die verwesenliking van ’n droom wat ’n paar jaar gelede in Amerika ontstaan het. Dít is waar hulle Frank Lloyd Wright se Fallingwater-meesterstuk in Pennsilvanië en later ook sy unieke Martin House in Buffalo aanskou het.

Soos die Wright-meesterstuk is die Buys-huis ook ontwerp met die natuurlike omgewing in gedagte. Maar waar Wright baie op Japannese ontwerp gesteun het vir inspirasie, het Johan Els, Joleen se pa, wat ook die hoofargitek was, Afrika se eie ruimtes in sy agterkop gehou.

G’n niks Toskaans nie, dankie.

Organiese blyplek

Johan het die struktuur rondom die liniêre visuele asse ontwerp, en dit vorm die sentrale element van dié “organiese” huis. Uit enige plek in die huis is ’n fokuspunt sigbaar – van ’n venster wat ’n jong kokerboom perfek raam, ’n massiewe skildery, of die pizza-oond in die boma wat deur die kroegvenster sigbaar is.

Hierdie kontemporêre – selfs eg Suid-Afrikaanse – argitektoniese meesterstuk is boonop hoofsaaklik saamgestel uit herwinde boumateriale en tweedehandse meubels van aanlyn-uitverkopings.

Soos met Fallingwaters het Johan en die Buyse klip gebruik wat van hulle eie erf afkomstig is. Die anker van die huis is ’n 30 m lange klipmuur: Dié klip kom uit die fondamente van die aanbouing in 2008 by die NG gemeente Moreletapark.

“Ons het daardie muur vier keer afgebreek en oorgebou,” vertel hulle. “Om die klip op te lyn dat dit in en op mekaar pas en nie in die gewone Suid-Afrikaanse klipmuurstyl gemessel is nie, verg groot moeite, vermoë en geduld.” Sam Aphane was die uithouer-aanhouerbouer, en die Buyse het in ruil daarvoor vir hom ook ’n huis help bou in Kwamhlanga.

Die blokkies van die blink parketvloere kom uit ’n huis wat in 1954 gebou is, en die enorme papierligte in die voorportaal uit Hongkong.

Omtrent alles deur eBay of Gumtree

Joleen was ook die interieurargitek en beligtingsingenieur. “’n Mens hoef nie ’n fortuin uit te gee om besonderse, unieke dekor in die hande te kry nie. Hierdie ligte het byvoorbeeld maar R800 elk gekos, en vir ’n soortgelyke lig sou ons plaaslik amper R10 000 moes opdok. Omtrent alles wat jy hier sien, het ons op eBay of Gumtree gekoop, of by tweedehandswinkels.”

Beligting is duidelik Joleen se groot passie: Sy ontwerp ook haar eie ligreeks en net in die hoofslaapkamer is daar veertien skakelaars – F.C. het getel!

Die groot etenstafel in die kuiergedeelte is ’n middeldeurgesnyde asbeswaterpyp met ’n ronde blad van Supawood op ’n groot stuk spaanderbord.

Die ruim kombuis is kontemporêr met ’n werkblad van Marbelite en ingeboude nisse vir eetgerei. Omtrent die enigste item waarop hulle werklik baie bestee het, is die sesplaat-gasstoof en oond. Die kombuis is immers die hart van die huis…

Die lieflike ou Coke-yskassie in die kroeg (die soort wat bo nog ’n plek het vir ’n groot ysblik) dateer vroeg uit die vorige eeu en word tans gebruik om glase en bottels te bêre. En om alles te kroon is die kroegblad ’n mooi ou deurkosyn!

Integrasie met die omgewing

Integrasie met die omliggende natuurskoon het die kern van Johan se ontwerp gevorm. “Ons Afrikalug is eenvoudig te rojaal om te ignoreer in moderne Suid-Afrikaanse huise.” Die gevolg is ’n huis wat oop en lig is met hoë én lae vensters asook ’n uitsig van alle kante af om die binneplaas. F.C. het ’n soutlek buite aangebring, en diere soos koedoes, rooibokke en ystervarke kom gereeld op hulle erf kuier.

Selfs die kleinste detail getuig van die integrasie met die omgewing. Waar die vensterglas byvoorbeeld die klipmuur ontmoet, is geen metaalrame gebruik nie.

Tog bly dit ook ’n gesinswoning: Twee klein mannetjies woel die hele ruimte vol – oor leiklipteëls, keisteenvloere en houtplanke – maar ’n mens kan hulle met gemak van letterlik enige plek in die huis af dophou. Hulle is veilig, want daar’s ’n sandput waar hulle kan speel, en die lang swembad het ’n houtdek bo-oor wat kan afskuif.

Buite word dit ligskemer en die visarende begin dam toe sirkel. Die vuurketel is reg om gestook te word. Ook hier kom die herwinningstema sterk na vore: Die vuurbak is gemaak van die onderkant van ’n sandfilter uit ou Olimpiese swembad.

Hulle het 35% op boukoste bespaar deur te herwin, vertel F.C. En twee jaar en baie laataand-familiebeplanningsvergaderings later waar argitek-sus Liana ook haar insette gelewer het, is die Buys-huis langs die water reg. Heeltemal doodreg. 

MEG-argitekte: 012 342 1221, johanels@megarch.co.za

Liana Claassen-argitekte: 083 501 4670, lcarchitects@lantic.net

Binnehuis-argitek Joleen Buys: 083 458 8704, buysjoleen@gmail.com

Pierre Badenhorst-ingenieurs: 012 346 1112, gideon@pbe.co.za

Outline-landskapargitekte: 083 264 0818, fourie@outlinela.co.za

The post Waar die visarende roep… appeared first on Visi.

]]>
Familiebande https://visi.co.za/familiebande/ Fri, 17 Jun 2011 15:34:16 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/architecture/familiebande/ Silvio Rech en Lesley Carstens wat in Februarie as die Absolut VISI Ontwerpers van die Jaar aangewys is, het vir ’n verandering nie inspirasie gaan soek in die mees eksotiese uithoeke van Afrika nie.

The post Familiebande appeared first on Visi.

]]>
FOTO’S: Dook | PRODUKSIE: Annemarie Meintjes | WOORDE: Danielle Weakley


Silvio Rech en Lesley Carstens wat in Februarie as die Absolut VISI Ontwerpers van die Jaar aangewys is, het vir ’n verandering nie inspirasie gaan soek in die mees eksotiese uithoeke van Afrika nie. Nee, hulle het die pad gevat na Braamfontein, wat nou hulle nuwe ontwerp- én speelplek is.

Min plaaslike argitekte laat ’n mens so klokslag trots Suid-Afrikaans voel soos Silvio Rech en Lesley Carstens. Hulle veelbekroonde luuksesafari-styl is legendaries, want dié gerekende egpaar reis reg oor die wêreld en grawe hulle eers behoorlik op ’n bouterrein in voor hulle vorendag kom met ’n ontwerp vir manjifieke projekte – soos North Island in die Seychelle en die Ngorongorokrater-lodge in Tanzanië.

Nie te lank gelede nie het die ringkoppe van South Point Development, wat in stedelike herontwikkeling spesialiseer, die egpaar genader om ontwerp-insette te lewer vir die maatskappy se portefeulje van wolkekrabbers in Braamfontein.

“Ons het aanvanklik op ons eie geboue gefokus,” erken Rob Lowdon, uitvoerende hoof van South Point, “maar besef dit is ook nodig om in openbare ruimtes te belê. Daarom was ons opdrag aan Silvio en Lesley om ’n ontwikkelingsplan te bedink vir die groter Braamfontein, met Wits aan die een kant en die Gautreinstasie aan die ander, en vir die mense wat tussen dié twee punte beweeg.”

Die gedagte was om South Point, wat moderne, kontemporêre behuising vir studente bied, in staat te stel om ’n kerndistrik te skep – nie net om die gebied nuwe lewe te gee nie, maar ook om só met hulle jeugdige handelsmerk te spog. “South Point het ’n wonderlike geleentheid gehad,” sê Silvio, “al wat nodig was, is ’n hart.”

Dit lyk dalk of die opdrag aan Silvio en Lesley hemelsbreed verskil van die “kaalvoetluuksheid” waarvoor hulle bekend geword het, maar hulle glo dit het eintlik heelwat gemeen met hulle vorige projekte. “Die meeste boskampe en eilande wat ons ontwerp, bestaan uit komponente wat as sulks ’n gemeenskaplike dorpsgevoel het, en dit is tog iets wat uit ’n stedelike ontwerpfi losofi e ontstaan,” verduidelik Silvio.

Hulle plan vir Braamfontein is om ’n jeugdige sitadel – of fort – te skep waar die middestad ’n groot leefkamer word. Om dié ambisieuse doel te bereik was die eerste prioriteit om ’n ou gebou regoor South Point se voorgestelde nuwe hoofkantoor te sloop om plek te maak vir ’n piazza. Dit staan bekend as The Grove, en vorm reeds die uitgestrekte ingang van die Lamunuboetiekhotel, ’n koffiekroeg en ’n enorme televisieskerm. ’n Musiektoonbank vir DJ’s, superkoel interaktiewe winkelruimtes, ’n rolprentteater op die dak en basketbalbane word later vanjaar geopen.

Volgens Lesley is daar twee vereistes om ’n gesonde stad te skep waar jy kan werk, studeer en ontspan: Daar moet bekende dinge wees, en jy moet ruimtes vir gemengde gebruik inruim.

Silvio gaan voort: “Die Zona Tortona in Milaan was ons inspirasie.” Dié deel van die Italiaanse stylhoofstad was eers ver van waar dinge gebeur het, oftewel glad nie koel nie, maar spog nou met kosmopolitaanse ontwerpwinkels en gesogte handelsmerke soos Giorgio Armani. Die gedagte is om die gebied reg te ruk, maar sonder om dit koud en klinies te maak.

“Die Zona Tortona is nie perfek nie,” sê Silvio, “maar danksy die moderne raamwerk kan allerlei ander geboue daarby inskakel. Ons gaan al baie jare Milaan toe en het nog altyd gevoel iemand moet ’n karkas in die Johannesburgse middestad vat en iets soortgelyks daarmee aanvang. Dit is hoekom ons mal was daaroor om aan dié projek te werk.”

‘n Industriële konsep wat werk

South Point se hoofkantoorgebou lê aan die ander kant van Mellestraat, regoor The Grove. Silvio en Lesley het die gebou se oorspronklike raamwerk behou, maar die res alles gestroop.

“Dit was klaar ’n sterk, Modernistiese ruimte met betonbalke wat ’n mens nie met handskoentjies hoef te behandel nie,” verduidelik Silvio. Die span het die industriële gevoel verder gevoer deur diensdele oop en bloot te los, maar, soos alles wat die twee aanpak, is elke detail sorgvuldig beplan. Die gewone sirkelbuise van die lugreëlingstelsels wat elders in die buurt gebruik word, het in die kantoor byvoorbeeld plek gemaak vir elegante dun ovaal vorms.

Die grondvloer, wat uitmond in die pad, piazza en systeeg, is die plek waar die studente registreer, kompleet met ’n versameling skeloranje stoele en ’n koffiekroeg wat meer tuis sal lyk in die middestad van Manhattan as die onmodieuse deel van Sandton.

“Die grondvloer is verbind met die groter prentjie en die geselligheid buite, en die ingangsportaal vorm dus deel van die stad. Vir studente voel dit soos om in ’n vriend se leefkamer uit te hang – dis nie volmaak nie, maar gemaklik, amper soos ’n ontwerpersjean met gate op al die regte plekke.”

Studente en die gedagte van jeugdigheid voer hier beslis die botoon. As jy die ingangsportaal verlaat, volg dieselfde helder kleure en jeugdige filosofie jou soos ’n Hollywoodster se skootbrakkie. Die herwinde relings van die trappe lei jou na die badkamers met eerlike fluoorbeligting tot in ’n ateljee-styl kantoorruimte met volop natuurlike lig wat instroom deur die glasmure van die grond tot by die dak. Verskillende kleure word slim ingespan om die onderskeie departemente uit te lig, en die gemeenskaplike werkstasies lyk kompleet soos eilande in ’n see van kontrasterende kleure.

As ’n speelse verwysing na Googleplex word mure van gebinde tydskrifte ingespan om die private vergaderruimtes van die oop vloei af te baken. “Die tydskrifmure is innoverend en pas by die jeugdige gees van South Point,” sê Silvio, “maar die papier absorbeer ook klank en is dus funksioneel.”

Vanselfsprekend kan ’n mens ook nie van interkonnektiwiteit praat as die lieflike uitsigte jou nie toegelaat het om die stad en spesifiek die piazza in te neem nie – dis immers sentraal tot die konsep van ’n universiteitsdorpie.

Sterk familiebande

Silvio en Lesley ken Braamfontein goed. Al twee is oudstudente van Wits en woon, werk en ontwerp al amper twee dekades saam. Die paartjie het bekendheid verwerf toe hulle langer as tien jaar op die bouterrein van hulle onderskeie ontwerpprojekte gewoon en inspirasie geput het uit die inheemse boustyle en talente van die plaaslike ambagsmanne. “As ek nou daaraan terugdink, was dit die grootste pret,” sê Silvio met ’n breë glimlag. “Om saam te werk, leef en ontwerp beteken gedeelde belangstellings en gedeelde sukses. Die konsep werk omdat ons ’n familieonderneming is.

“Daar is ook twee ander vorme van familiebande: Ons het ’n band gesmee met die inwoners en ambagsmanne van die Afrikadorpies waar ons gewerk het, en dan is daar die band met ons eie families. My familie vervaardig steeds vir ons meubels (Silvio se familie besit Modellers of Antique Furniture & Classic Revivals), terwyl Lesley se oom keramiekwerk maak (Carstens Ceramics).”

Silvio en Lesley woon en werk in hulle huis in Westcliff, waar hulle drie kinders ook op informele wyse blootgestel word aan die skeppende energie van hulle ateljee.

“Die kinders doen hulle huiswerk in die ateljee en het interaksie met die personeel en speel soms op hulle rekenaars,” vertel Silvio. “Of dit alles in hulle gaan neerslag vind, weet ek nie… ek sal in die wolke wees as hulle eendag argitekte wil word, maar ek sal ewe in my noppies wees as hulle eenvoudig geniet wat hulle elke dag doen en geïnspireer word deur die energie, kreatiwiteit en innoverende denke. My filosofie was nog altyd: Hou dit in die familie!” 

Silvio Rech & Lesley Carstens-argitekte: 011 486 1525, adventarch@mweb.co.za

The post Familiebande appeared first on Visi.

]]>
Uit Durban met liefde https://visi.co.za/uit-durban-met-liefde/ Wed, 15 Jun 2011 12:15:40 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/decor/uit-durban-met-liefde/ Die paartjie agter Suid-Afrika se Con Amore-konsepwinkel is passievol oor hulle werk — maar ook oor mekaar.

The post Uit Durban met liefde appeared first on Visi.

]]>
FOTO’S: Dook | PRODUKSIE: Annemarie Meintjes | WOORDE: Lee Thorn


 

Die paartjie agter Suid-Afrika se Con Amore-konsepwinkel is passievol oor hulle werk – maar ook oor mekaar.

Maria Cochrane en Charles Kerr vul mekaar net so goed aan soos die ryp Franse kaas en vars vye wat hulle voorsit vir ons onderhoud. Die twee het mekaar oor die jare altyd raakgeloop by hulle onderskeie ondernemings in Durban (hy is ’n antiekware- en sy ’n materiaalhandelaar), en nou het al twee se liefde vir goeie kos en mooi huisgoed gelei tot ’n gesamentlike onderneming – die ongelooflike Con Amore-winkels in Kramerville, Johannesburg, en La Lucia in Durban – asook ’n private huis wat hulle deel.

“Ons het as voorgraadse LL.B.-studente by die Universiteit van KwaZulu-Natal ontmoet, maar mekaar nooit behoorlik leer ken nie,” vertel Charles.

“Ons het ongelooflik baie in gemeen,” sê Maria. Hulle is net vyf dae uitmekaar gebore, in dieselfde jaar – Charles het ’n Afrikaanse ma en Skotse pa gehad wat “ou stukke met wonderlike stories” versamel het, terwyl Maria se ouers, Cipriese immigrante, bakkerye besit en hulle eie kaas en wors gemaak het. Hulle is steeds hiermee doenig op Ladysmith, en die verleidelike pers vye waaraan ons weglê, kom uit hulle tuin.

Charles het die grensverskuiwende huiswinkels Colonial Trading & Cargo en Old Vicarage Antiques in Durban geopen voordat hy produkte vir kettingwinkels begin invoer het, terwyl Maria se onderneming materiaalstowwe ingevoer en kussings vervaardig het.

Die twee het mekaar af en toe by dekorskoue en -markte raakgeloop, of as hulle aankope gedoen het. “Ons het dikwels gesels oor hoe jammer dit is om net produkte aan te koop wat tot die massas spreek, en gewens ’n mens kon ’n winkel begin vir die goed waarvan ons hou,” vertel Maria. Ná ’n reis deur Italië het Maria vir Charles gesê sy’t die perfekte naam vir die winkel: Con Amore – “met liefde”. 

Die twee het aanvanklik beplan om ’n winkeltjie in ’n ou huis te begin, maar op ’n besoek aan Johannesburg het hulle ’n verwaarloosde ou skoenfabriek in Kramerville, die nuwe hart van die plaaslike dekorbedryf, ontdek. “Ons het gedink ‘gaan groot of gaan huis toe’ en dit in ’n ‘bestemmingswinkel’ verander sodat ons klante die vrugte van ons ontdekkingsreise eerstehands kon ervaar,” sê Charles. “Maar omdat ons in Durban woon, wou ons ook hier ’n winkel hê. Toe ’n ruimte in die La Lucia-winkelsentrum oopgaan, het ons die ietwat vreesaanjaende sprong gewaag, hoewel ons hier op geskenke en kleiner huisgoed fokus.”

Con Amore het sy vlerke gesprei toe die resessie die herwinnings- en groen beweging laat vlamvat het, maar die kern van hulle sukses is iets wat Charles ’n “wonderlike vennootskap” noem. “Ek en Maria het dieselfde visie en smaak, en dieselfde lawwigheid, soos om ses halfdroë worse en stink kase van ’n Franse straatmark in sakke te stop wat al klaar oorloop!”

“Ek leer elke dag iets nuuts by Charles,” sê Maria. “Dis altyd opwindend en prettig; en ons vul mekaar goed aan.”

“Ek is die kansvatter en Maria die nugter een,” antwoord Charles tevrede, “en ons maak altyd staat op mekaar se kennis en ervaring. Ek sal byvoorbeeld kibbel oor ’n geborduurde kussing of sybloes, maar die aftog blaas as Maria sterk daaroor voel, net soos wat sy my meestal met die meubels vertrou.”

‘n Rowwe manswêreld

Die antiekwarebedryf in Brittanje, Europa en Indië waar hulle elke stuk persoonlik gaan uitsoek, is “basies ’n baie rowwe manswêreld”, sê Charles. “Ons koop by die ouens op straat, by mense wat uitverkopings hou – dis baie keer sigeuners uit Oos- Europa. In die verlede het ek dikwels gespook om swaar kaste op my eie op te laai, maar Maria sorg vir ’n sagter aanslag – hoewel sy net so baie daarvan hou om oor pryse te kibbel! Op ons laaste reis wou al die mans skielik help om ons goed op te laai en hulle het glad tougestaan om haar met ’n soentjie te groet!”

Die enigste nadeel van ’n “saamleef ”-vennootskap is dat ’n mens soms sukkel om van die werk te vergeet. “Ons is so mal oor wat ons doen dat ek soms ferm moet sê ‘Vanaand kyk ons ’n fliek en praat glad nie oor werk nie’,” sê Charles.

Toe hulle die interieur van hulle winkels beplan het, het hulle die hulp van Greg en Roché Dry van Egg Design ingeroep. “In ons opdrag aan hulle het ons duidelik gesê ons soek teatrale, dramatiese winkels wat terselfdertyd natuurlik en ekobewus is,” sê Charles. “Hulle het met rooi fluweeldrapeersels, geperste plafonne, houtvloere en kaal mure vorendag gekom.”

Die paartjie se huis is ’n effens soberder weergawe hiervan, met antieke kandelare wat sagte lig gooi oor die ou boeretafels en leerstoele met gebosseleerde Indiese kussings. “Ek het groot bewondering vir die Missoni-familie, wat besluit het om ’n baie spesifieke voorkoms te ontwikkel en dit van klerasie na huisware uit te brei,” sê Maria.

Ironies genoeg het Maria nog altyd in ou huise gewoon, maar kort voordat Charles ingetrek het, het sy dit verruil vir iets meer modern en oop. “Ek het net hierdie groot oop ruimtes gesien wat desperaat was om gevul te word,” lag Charles. “Dit was liefde met die eerste oogopslag!”

Charles se vier kinders uit ’n vorige verhouding en Maria se twee help ook van tyd tot tyd om die huis te vul. “Al ses kom oor die weg en leef die storie van ons verskillende winkels en huis saam met ons uit,” sê Charles. “Op ’n manier is ons besig om vir hulle ’n nalatenskap te skep, en ons glo hulle ontwikkel ’n kritiese oog en ’n waardering vir styl, net soos wat ons van ons ouers gekry het. Maar op die kosfront sukkel dit nog – tans verkies hulle nog visvingers bo Franse kaas!” 

Con Amore: 031 562 1074 (Winkel 201, La Lucia-sentrum, Durban), 011 262 0385 (Kramerweg 2, Kramerville), www.conamore.com

The post Uit Durban met liefde appeared first on Visi.

]]>
Werk speel-speel https://visi.co.za/werk-speel-speel/ Wed, 08 Jun 2011 14:43:34 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/design/werk-speel-speel/ Bruce Cowie en Qz Zhang-Cowie leef volgens die mantra “Design is a Good Idea” — en VISI stem volmondig saam.

The post Werk speel-speel appeared first on Visi.

]]>
WOORDE: Jacquie Myburgh Chemaly | FOTO’S: Brett Rubin | PRODUKSIE: Klara van Wyngaarden


Bruce Cowie en Qz Zhang-Cowie leef volgens die mantra “Design is a Good Idea” – en VISI stem volmondig saam.

Hoe het julle ontmoet en hoe het Design is a Good Idea ontstaan?

BRUCE: Qz het by ’n ontwerpblog en -tydskrif in New York gewerk toe ek die Design is a Good Idea (DIAGI)-blog en -webwerf begin het. Sy het my ’n Facebook-vriend gemaak omdat sy ’n paar vrae oor my ontwerp- en illustrasiewerk wou vra, en ons het goeie vriende geword. Qz het by my in Suid- Afrika kom kuier en uiteindelik drie maande hier gebly – in dié tyd het ons ook besluit om te trou. Ons ontmoeting het toevallig saamgeval met die opening van die DIAGIwinkel, en Qz het my met die ontwerp en die dekor gehelp. Van toe af werk ons saam.

Is daar ontwerp-families hier of oorsee wat julle bewonder?

BRUCE: Ek is mal oor Katy en Adriaan van Dokter and Misses. Charles en Ray Eames is my vanselfsprekende internasionale keuse.

QZ: My goeie vriende Graphicairlines, ’n briljante ontwerpspan-en-paartjie, wat saamwoon en -werk in Hongkong.

Hou julle ooit op met werk?

BRUCE: Nie eintlik nie… selfs as ons nie regtig “werk” nie, is ons altyd op die uitkyk vir goeie ontwerp en dinge wat ons inspireer. Ons het nog altyd baie goed saamgewerk, het dieselfde belangstellings en is op dieselfde planeet as dit kom by ontwerp en kuns.

QZ: Op ’n manier is dit asof ek en Bruce aan mekaar geplak is, maar ons het nie dieselfde werkmetode nie. Ek moet altyd iewers in die dag ’n blaaskans vat om te ontspan en vir ’n paar uur onproduktief te wees.

Waar kom die naam vandaan?

BRUCE: In my eerste jaar as ontwerpstudent het een van die stigters van die ikoniese lettergietery Emigre ’n lesing kom aanbied. Een van die skyfies in haar aanbieding was die woorde “Design is a good idea”. Ek het baie van die humoristiese dubbele betekenis van die frase gehou, en gevoel dit is die regte naam vir die handelsmerk.

Kan julle in detail verduidelik watter soort werk julle doen?

BRUCE: In die ontwerpwêreld hoef daar nie beperkings te wees nie. Ons gunstelingprojekte is dié wat ons toelaat om by alle aspekte van die ontwerpproses betrokke te wees – van name uitdink regdeur tot by interieur- en omgewingsontwerp.

QZ: Ek doen navorsing en soek verwysings vir die projekte waaraan ons werk.

Op watter van julle projekte is julle die trotsste?

BRUCE: Ek is veral trots op een van DIAGI se eerste skeppings: ál die promosiemateriaal vir die internasionale Promax-BDA Broadcast Design-toekennings in 2008. Ek skat ons winkel is ons suksesvolste projek – ons het nie die fantastiese positiewe reaksie verwag nie!

QZ: Toe ek by Victionary in Hongkong gewerk het, het ek met ’n hele paar idees vir boeke vorendag gekom waaroor my baas mal was. Die boeke het baie goed verkoop en ek is steeds baie trots hierop.

Wat is jou droom-ontwerpprojek?

BRUCE: Ek sal graag ’n hotel of lugdiens wil ontwerp, om elke aspek van ’n handelsmerk uit te dink – van die identiteit tot die gedrukte materiaal, die verskillende aanwysings (“signage”), die dekor…

QZ: Ek sal “pop-up”-winkels wil ontwerp – ek kom die heeltyd met nuwe idees vorendag.

Vertel ons van julle winkel-enkantoor en die glasboks…

BRUCE: Die glasboks was hier toe ons ingetrek het, maar dit was besig om uitmekaar te val. Ons het ’n werkplek in die winkel nodig gehad, en het die glasboks as kantoor ingerig.

Hoekom word julle deesdae die “Muji-mense” genoem?

BRUCE: Ek dink mense is net bly omdat die ikoniese handelsmerk uiteindelik in Suid- Afrika beskikbaar is. Ons wou baie graag Muji-produkte in ons winkel aanhou, maar dit was moeilik om met die hoofkantoor in Japan te onderhandel. Ons het die Mujiprodukte wat ons verkoop, in die VSA gekry.

Julle is mal oor boeke en tydskrifte. Wat is julle gunstelinge?

BRUCE: My gunstelingtydskrif is IdN (International Designers Network) – Qz het voorheen daar gewerk en het nie ’n slegte woord oor hulle te sê nie. Dis ’n baie “gekonsentreerde” tydskrif wat altyd propvol inspirasie is. Ek is ook mal oor die uitgewers Gestalten, Victionary en Actar se boeke.

QZ: My gunstelinge is dié waarop ek self gewerk het – Point East en Colour Mania deur Victionary. Maar as ek ’n boek of ’n tydskrif koop, is dit altyd die inhoud en die skryfwerk wat my aandag trek.

Gunsteling-ontwerp wat jy besit?

BRUCE: Ek bewonder die kunstenaar Kaws (Brian Donnelly), en het ’n skaflike versameling van sy speelgoed en beeldhouwerke.

QZ: Buiten my skoenversameling… die beperkte uitgawe “clutch and lipsticks” wat Marcel Wanders vir MAC ontwerp het.

En die een wat jy nié besit nie?

BRUCE: Ek sal moor vir een van daardie beroemde Horse-ligte wat die meisies van Front Design vir Marcel Wanders se maatskappy Moooi ontwerp het.

QZ: Ek wil elke stuk hê wat Alexander McQueen ooit ontwerp het, veral die skoene!

Waar doen julle inkopies?

BRUCE: Ons koop baie aanlyn, maar ook by tweedehandswinkels en rommelwerwe.

Gunsteling-blog/webwerf/gebruiksprogram?

BRUCE: Notcot. Dit is die omvattendste en inspirendste ontwerp-hulpbron wat ons ken.

QZ: Behalwe vir Notcot geniet ek ook Design Milk en Yatzer.

Wie is die interessantste mens wat julle volg op Twitter?

BRUCE: Nie een van ons gebruik Twitter nie… ons verkies Facebook. Die interessantste persoon wat ek op Facebook volg, is Ian Anderson van The Designers Republic.

• Design is a Good Idea: 011 726 7878, www.designisagoodidea.com

The post Werk speel-speel appeared first on Visi.

]]>
Ontwerp om te hou https://visi.co.za/ontwerp-om-te-hou/ Fri, 03 Jun 2011 11:27:45 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/architecture/ontwerp-om-te-hou/ Heidi en Selwyn Arenstein, een van die Goudstad se eerste kontemporêre ontwerpspanne, het hulle Future Classics-winkel uit Rosebank geskuif — en terselfdertyd sommer hulle ontwerpfilosofie in ’n nuwe rigting gestuur.

The post Ontwerp om te hou appeared first on Visi.

]]>
FOTO’S: Dook | PRODUKSIE: Annemarie Meintjes | WOORDE: Jacquie Myburgh Chemaly


Heidi en Selwyn Arenstein, een van die Goudstad se eerste kontemporêre ontwerpspanne, het hulle Future Classics-winkel uit Rosebank geskuif – en terselfdertyd sommer hulle ontwerpfilosofie in ’n nuwe rigting gestuur.

Toe Heidi Arenstein jare gelede met ’n splinternuwe graad in die skone kunste onder haar blad by Future Classics in die Rosebank Mall instap, het sy nooit kon droom sy sou binne ’n kort tydjie die eienaar wees van dié onderneming, wat deesdae met drie toonkamers spog en op die rand van ’n nuwe ontwerp-avontuur staan nie.

Sy sou ook nie kon raai dat een van haar eerste opdragte sou lei tot haar kennismaking met Selwyn, wat destyds die geldsake van die onderneming beheer het nie. Die twee is nou al meer as twee dekades getroud en ook sakevennote in een van Suid-Afrika se heel eerste ondernemings wat in kontemporêre ontwerp spesialiseer.

Tog is dit presies soos dit gebeur het, en nou, 22 jaar later, ontwerp en vervaardig Heidi en Selwyn Arenstein steeds kontemporêre meubels wat hulle in hulle toonkamers in Morningside, Atholl en Kaapstad verkoop. Die afgelope paar jaar het hulle die kombuisontwe

rp-afdeling uitgebrei en in massiewe masjiene belê om wêreldklas afwerkings te verseker.

Skoon, neutraal, modern

Future Classics het oor die jare ’n unieke ontwerpstyl ontwikkel met lyne wat skoon en neutraal, maar bowenal modern is.

Jaar ná jaar het ma’s hulle verwonder aan die voortrefl ikste ontwerper-stapelbeddens in hulle voormalige toonkamer in Rosebank – en sal ’n mens ooit een van hulle grootste treffers, die Wiggly-laaikas, vergeet? Hulle het al duisende daarvan verkoop.

Later vanjaar word Heidi se droom van ’n ontwerpgalery bewaarheid. Bryan Dunstan, die man agter William Kentridge se ateljee in die middestad, doen tans die fi nale afrondingswerk aan die nuwe Future Classics-gebou en -kantore in Sesde Straat, Parkhurst.

Heidi en Selwyn ken weliswaar geen ander lewe as om saam te ontwerp nie, maar oor die jare het hulle darem ’n paar grense gestel om te keer dat hulle gesinslewe en al hulle gesprekke deur ontwerp oorgeneem word. En tog laat ’n toer deur hulle huis op die rif in Parktown, Johannesburg, ’n mens opnuut onder die indruk van hulle onmiskenbare skoon aanslag.

Die meubels is alles kontemporêr dog tydloos, amper asof dit ’n ode is aan die naam van hulle onderneming. Die stuk wat veral ’n mens se asem wegslaan, is die kantoorstoel van leer en staal by die spieëltafel in Heidi se slaapkamer wat volgens haar een van Future Classics se heel eerste ontwerpe is. Dit lyk nog net so hipermodern soos destyds en kon net sowel die vorige dag van ’n ontwerpmaatskappy in Italië gekom het.

Verbasend genoeg is Heidi en Selwyn glad nie geneë om oor hulle ontwerptalent te praat nie. Al wat hulle laat val, is dat sy met die idees vorendag kom en hy dit ’n werklikheid maak. Sy’s visueel, hy tegnies. Hulle beklemtoon wel watter belangrike pilaar goeie diens in hulle onderneming vorm. Dit is onmoontlik om goeie gehalte te verkoop as jy nie ook goeie diens lewer nie, sê Selwyn.

Heidi put uit alle oorde inspirasie vir haar ontwerpe: Sy hou byvoorbeeld van Joseph Joseph – nog ’n familieonderneming – se aweregse en prettige benadering tot kombuisgoed; Le Corbusier was nog altyd ’n bron van inspirasie vir hulle meubels; en al twee verwonder hulle aan die ongelooflike sukses van Italiaanse ontwerpmaatskappye soos Driade and Alessi.

Heidi se ma, Ruth Lipschitz, is ’n argitek en daarom kan sy sekerlik ook op ’n genetiese voorsprong roem. Die Arensteins se oudste seun, Daniel, is ’n eerstejaar-argitektuurstudent, en hulle dogter Natasha is weer mal oor modeontwerp. Selwyn erken ruiterlik hy droom soms daaroor dat sy kinders by die familieonderneming kom werk en dit later oorneem.

Die Arensteins se huis is ’n voortreflike getuigskrif vir Future Classics se kenmerkende styl: Daar’s sober, neutrale kleure, asook heelwat swart, grys en houtskool wat saam met skoon wit gebruik word. Heidi het ook pas ’n kommersiële eiendom in Wynberg gekoop saam met die materiaalontwerper Tessa Sonik, een van haar beste vriende, en hulle is van plan om daar saam te werk.

Balans tussen oud en nuut

Hoewel die huis ’n klassieke ou Johannesburgse plek is, sorg die interieur vir ’n perfekte balans tussen oud en kontemporêr.

Die natuurlike skakerings van die Afrika-kruike en ander voorwerpe van Amatuli Fine Art in Johannesburg werk lieflik saam met die skoon lyne van hulle eie ontwerpe. Een van Heidi se gunstelingstukke is die drankkabinet in haar ultramoderne kombuis wat eintlik ’n ou Indiense staalhangkas is. Regdeur die huis sorg ingeboude kaste met ’n hoëglans-afwerking vir ’n eiesoortige gevoel van sober glans en sofistikasie.

Tog is dit uiteindelik die persoonlike elemente – van die jongste seun, Jordan, se tromstel in die hoek van Heidi se kantoor, tot die oudste dogter, Jade, se papiersak-gesinsportret bo die kaggel – wat ’n mens opnuut herinner dat hier mense woon en dat elegante styl en ’n groot gesin inderdaad hand aan hand kan gaan.

Future Classics: 087 940 3844 en www.futureclassics.co.za

The post Ontwerp om te hou appeared first on Visi.

]]>
Campana brothers exhibit in SA https://visi.co.za/campana-brothers-exhibit-in-sa/ Fri, 03 Jun 2011 09:26:40 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/design/campana-brothers-exhibit-in-sa-2/ Brazilian brothers Humberto and Fernando Campana recently exhibited a curated selection of their revolutionary designs at the Goodman Gallery Projects Space at Arts on Main in Johannesburg. VISI takes a closer look at the Campanas’ first exhibition in SA.

The post Campana brothers exhibit in SA appeared first on Visi.

]]>
Brazilian brothers Humberto and Fernando Campana recently exhibited a curated selection of their revolutionary designs at the Goodman Gallery Projects Space at Arts on Main in Johannesburg. VISI takes a closer look at the Campanas’ first exhibition in SA.

At first glance, it looks suspiciously like nothing more than a soft toy pile-on. Only on closer inspection does it become clear that the clump of plush animals in the middle of the Goodman Gallery’s Project Space is actually a chair. To be precise, The Banquette Chair by the inimitable Campana brothers.

To the uninitiated, these designs might seem merely frivolous and fun, but the chairs actually embody the Brazilian concept of gambiarra. Roughly translated as “makeshift”, this concept relates to improvisation with found or regular objects – a quick-fix solution with whatever materials happen to be at hand – and is associated with a somewhat counter-cultural, or even rebellious, attitude and a refusal to buy into consumer culture. Gambiarra is similar to the idea of “make-do design”, often materialising in delightfully ingenious solutions, such as these peculiar handmade chairs.

The Campanas’ choice of materials has often been driven by a lack of resources, especially early in their careers. “At first, we decided to work with cheap materials since we lacked the money for more expensive ones. Today, this is a conscious choice due to our concern for the environment,” they say.

Fernando and Humberto view their work as a product of shortage and are constantly researching “trivial” disposable objects and materials like rope, offcuts of wood and plastic in order to rescue their nobility.

They also believe that translating Brazilian identity into design is one of their most important challenges and their work often reinterprets those things they have witnessed in the poor communities of their country. In one of their latest projects, the Campanas have infused one of our very own local materials with their Brazilian flair.

The brothers collaborated with ostrich-leather producers, Klein Karoo, to create a range of objects and furniture that was launched at the 2011 Milan Furniture Fair (Salone del Mobile). We can’t wait to see their next inspirational endeavour.

www.campanas.com.br

The post Campana brothers exhibit in SA appeared first on Visi.

]]>