Issue 44 Archives | Visi https://visi.co.za/tag/issue-44/ SA's most beautiful magazine Mon, 26 Jan 2015 12:36:24 +0000 en-GB hourly 1 https://wordpress.org/?v=6.9.4 https://visi.co.za/wp-content/uploads/2023/02/cropped-ICO-32x32-Black-1-1-32x32.png Issue 44 Archives | Visi https://visi.co.za/tag/issue-44/ 32 32 Op ons bedkassie https://visi.co.za/op-ons-bedkassie/ Thu, 31 Mar 2011 14:51:30 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/lifestyle/op-ons-bedkassie-2/ Mooi en goeie boeke vir jou en gaste om te geniet.

The post Op ons bedkassie appeared first on Visi.

]]>
Mooi en goeie boeke vir jou en gaste om te geniet.

PERFECT CURTAINS: SMART SOLUTIONS, FABULOUS FABRICS AND INSPIRING DESIGNS DEUR STEPHANIE HOPPEN (Clarkson Potter, R495)

Die bekleding van vensters is ’n kuns wat vele as vanselfsprekend beskou. Stephanie Hoppen, dekor-ghoeroe en eienaar van ’n Londense kunsgalery, wys meer as 200 verskillende style en idees vir vensters van reg oor die wêreld. Dit sluit in die ongelooflike werk van die plaaslike maatskappy African Sketchbook, wat onlangs betrokke was by die opknapping van die Cape Grace-hotel. Haar slim wenke en tegnieke word met hope foto’s geïllustreer. As gordynkappe, voerings, lae, rande en afwerking jou opgewonde maak, is dié boek vir jou.

HOME: NEW DIRECTIONS IN WORLD ARCHITECTURE AND DESIGN (Briza, R599)

Ons is mal oor Home. Dié koffi etafelboek, saamgestel deur prof. ’Ora Joubert, Chris Abel en Michael Webb, is ’n insigryke verkenning van ons intieme leefruimtes; van dit wat ’n huis vir verskillende mense beteken. Deel 1 kyk na huise uit verskillende tye en kulture – van Maja-hutte tot Bedoeïene-tente, en deel 2 kyk na 120 huise wat die afgelope dekade oor die wêreld voltooi is – en daar’s ook verskeie plaaslike huise.

PRESERVING A HOUSE deur Jos Baker (R220)

Preserving a House is die storie van Jos Baker en haar oorlede man, David, se pogings om Klein- Zoar op te knap. Dié 300 jaar oue kothuis was glo die blyplek van Wolraad Woltemade, wat in 1773 14 seemanne van die sinkende De Jonge Thomas af gered het. Die egpaar se ervarings word vervleg met historiese feite en resepte vir Kaapse geregte. Dit word versprei deur die Nasionale Seereddingsinstituut om geld in te samel. Om een te bestel, bel Meriel Bartlett by 021 434 4011 of e-pos na merielb@searescue.org.za (R235, posgeld ingesluit).

The post Op ons bedkassie appeared first on Visi.

]]>
Mandala van die lig https://visi.co.za/mandala-van-die-lig/ Thu, 31 Mar 2011 14:10:39 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/lifestyle/mandala-van-die-lig/ Het jy ’n watertjie in jou tuin? Plant dan waterblomme of maak soos die Oosterlinge en plant ’n lotus, want uit die modder van die bodem sal ’n swellende knop verskyn wat een môre sal oopvou in ’n gloeiende blom met ’n vlam in die hart.

The post Mandala van die lig appeared first on Visi.

]]>
FOTOS: Lien Botha | WOORDE: Dave Pepler en Laurian Brown


Het jy ’n watertjie in jou tuin? Plant dan waterblomme of maak soos die Oosterlinge en plant ’n lotus, want uit die modder van die bodem sal ’n swellende knop verskyn wat een môre sal oopvou in ’n gloeiende blom met ’n vlam in die hart.

Ek is op die Sao Sebastio-skiereiland suid van Bazaruto. Dit is die sikloonmaand en die atmosfeer is onheilspellend, die lug dig en galsterig. Teen laatmiddag is die son slegs ’n flou newel deur die stapelwolke en ’n rukkerige wind waai van die see.

Ek stap alleen teen die soom van ’n varswatervlei, met rietsangers in die ruigtes en ’n dwerg-eend wat dommel tussen die lelies. In ’n beswyming stap ek die water binne, klere en al, borsdiepte, tot teenaan ’n waterlelie, die blou van ’n gasvlam. Ek voel die glibberige stingels teen my arms, sien die perfekte simmetrie van die lelie teen my gesig, en die geur, melerig en effe suur, soos dié van heliotroop, om my. Ek is één met die water, één met myself.

Die sieraad van waterplante is nie beperk tot hul blomme nie. Pluk ’n blaar van ’n olifantsoor en gaan sit langs die water met die blaar op jou skoot. Skep ’n handjie vol water en los ’n paar druppels oor die blad. By aanraking met die oppervlak vorm die druppeltjies perfekte sfere, so rond soos albasters, en dit lyk byna of die bolletjies water bo die oppervlak sweef. Kantel die blaar en die bolletjies glip oor die blad soos kwiksilwer. Hul glinster soos diamantjies – die lig vasgevang in die perfekte sfere.

Van die vroegste afbeeldings op Egiptiese papirus-kodekse beeld die waterlelie uit, gestileerd, maar onmiskenbaar lelie. Geen wonder nie dat ’n beskawing wat die seisoene gemeet het aan die lewensgewende eb en vloed van die Nyl, juis hierdie watersieraad uitgesonder het as sentraal tot hul aardse kosmologie. Ra, die heilige son bo die aarde, swewend, Horus, oppermeester van lug, en op die bodem, van ál die plante, staan die waterlelie sentraal. Maar in die Ooste, veral in Indië, China en Japan, figureer die lotus as simbool van perfeksie en voorwerp vir kontemplasie en sereniteit. Gaan kyk maar – lotus sutra, lotus mantra, lotusposisie…

Onlangs eers het die wetenskap uitgevind die blaaroppervlakke van die meeste waterplante is oortrek met struktuurtjies wat slegs op nanovlak sigbaar is. So fyn is hierdie riffies en knoppies dat dit druppels water en stof afweer op die atomiese vlak, en só bly die blare droog en skoon. Dit hou ook die blaar in maksimum kontak met die kosbare gasse van die lug. Die blare het ’n raamwerk van verdikkings – soms radiaal, soms vertak soos bloedvate – wat die struktuur behou, amper soos die speke van ’n sambreel.

Het jy ’n watertjie in jou tuin? Plant ’n lotus. Wag vir die somer en gaan kyk elke dag en streel die blare van fluweel. Dan, uit die modder van die bodem, kom die eerste knop. Dit swel en swel tot, een môre, die skutblare begin loskom en die blom ontvou. Jy kan die kleur skaars vaspen, want dis ene oorgang – van steengroen teen die stingel na die pienk van skulpe en korale; die blomkern, wasagtig en vinkgeel, omring met romerige stuifmeeldrade. Net voor donker gloei die blom van binne, asof daar ’n vlam in sy hart brand: mandala van die lig.

Water kan toor

Water sorg vir groot plesier en rustigheid in ’n tuin. Of dit nou ’n formele dammetjie of ’n kom is – jy kry koel dieptes, weerkaatsings, die fassinasie van visse, insekte, voëls en, met ’n bietjie geluk, ’n paddakoor. Jy het ook plek vir ’n nuwe wêreld van plante en, bowenal, blomme wat so te sê legendaries is.

’n Mens kry verskeie waterplante wat op verskillende ma- niere groei en saamwerk om helder water en ’n gesonde eko-stelsel te bewerkstellig. Dit kan geklassifiseer word as grensplante, moerasplante of diepwater-dryfplante (soos waterlelies en waterblommetjies), maar soms ook vrydrywers en onderwaterplante (soos die verskillende soorte fonteinkruid).

WATERLELIES is drywende diepwaterplante en behoort tot die genus met die heel gepaste naam Nymphaea, waarvan daar 75 spesies is. ’n Mens kry twee kenmerkende soorte: gehard, wat in die winter in ’n rusfase gaan, en tropies, wat temperature bo 10 ºC nodig het en in die regte toestande heeljaar kan blom. Die blomme van die geharde soorte dryf op die oppervlak, terwyl die tropiese blomme ’n paar sentime-ter bo die water uitgestoot word (dit kan ook bedags of snags blom). Al twee soorte het dikwels ’n heerlike geur.

DIE LOTUS is ’n grensplant uit die genus Nelumbo, waar-van daar net twee spesies is. Dié fassinerende plant hou sy ronde blougroen blare en buitengewone blomme bykans ’n meter bo die water. Juis daarom kry die blare nie net direkte sonlig nie, maar ook weerkaatsings van die water – en dit sorg vir ’n glimmende spel van kleur en lig wat voortdurend verander. Die lotus is bladwisselend, maar verkies ’n warm klimaat en het ’n temperatuur van bo 7 ºC nodig om te floreer.

Kweek waterlelies

• Waterlelies is maklik om te kweek en relatief sonder probleme.

• Hulle het ’n oop, sonnige plek nodig om behoorlik te blom.

• Gebruik, indien moontlik, reënwater. Laat kraanwater eers vir ’n paar dae staan sodat die chloor kan verdamp.

• Plant die risome in mandjies wat met goiing uitgevoer is, met die groeipunte ontbloot. Een of twee is genoeg – dit vermeerder vinnig.

• Hulle is lief vir kos en hou van ’n ryk, kleierige grondmengsel met kompos, ou kraalmis of beenmeel.

• Kunsmistablette wat stadig vrygestel word, is ’n goeie opsie omdat dit die groei van alge vertraag.

• Miniatuurvariëteite kan in water van skaars 15 cm groei; middelslag- plante het 45 cm tot 60 cm nodig; die snelgroeiers ’n diepte van 1 m.

• Probeer om dit al om die ander jaar in nuwe potte te plant sodat die grond vervang kan word en jy oorgroeide plante kan verdeel.

Kweek lotusse

• Kies ’n oop, sonnige plek wat nie in die winter te koud word nie.

• In dammetjies moet dit ongeveer 30 cm onder die wateroppervlak geplant word, maar dit kan ook in groot potte gekweek word wat minstens 70 cm diep en breed is. (Die Chinese soort is ideaal.)

• Maak die pot halfvol met ’n mengsel van kleierige grond, goed verrotte kraalmis en beenmeel.

• Bedek die risome wat jy plant, met ’n laag klein spoelklippies of gruis.

• Die potte moet baie stadig vol water gemaak word sodat jy nie die grond en gruis versteur nie.

• Vul die plante gereeld aan met reënwater.

The post Mandala van die lig appeared first on Visi.

]]>
Daar’s siel in sandsteen https://visi.co.za/daars-siel-in-sandsteen/ Thu, 31 Mar 2011 12:47:10 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/architecture/daars-siel-in-sandsteen/ Die lug, ruimte en tekstuur van die Vrystaatse platteland was die inspirasie agter die moderne, sielvolle ontwerp van die binnehuisontwerper Krysia Back se idilliese nuwe toevlugsoord.

The post Daar’s siel in sandsteen appeared first on Visi.

]]>
FOTOS: Dook | PRODUKSIE: Klara van Wyngaarden | WOORDE: Jacqueline Myburgh Chemaly


Die lug, ruimte en tekstuur van die Vrystaatse platteland was die inspirasie agter die moderne, sielvolle ontwerp van die binnehuisontwerper Krysia Back se idilliese nuwe toevlugsoord.

Krysia Back was dadelik verlief op die lug, daai heel eerste keer toe sy in die Oos-Vrystaat gekuier het. Nadat sy vele salige naweke in vriende se klipplaashuis naby Clocolan gaan uitspan het, het die Johannesburgse binneversierder haar eie stukkie plattelandse weelde in dié ruim wêreld begin soek. Nadat sy uiteindelik die majestueuse amfiteater op ’n plaas van 400 akker tussen Rosendal en Ficksburg gekies het, was dit die Johannesburgse argitek Johan Bergenthuin se taak om vir haar die ideale kontemporêre wegkruipplek te skep.

Sy is passievol oor kuns en klassieke Italiaanse ontwerp, en die huis moes ’n agtergrond word vir haar kunsversameling en ontwerptalen-te. Haar opdrag was om ’n moderne huis te ontwerp met klassieke Vrystaatse sandsteen. Sy is immers “tekstuurmal” en sy wou die warmte en karakter hê wat dié klip kan verleen. Sy hou ook baie van die buitegangetjie wat Johan met wattelstokke bedek het – nog ’n gawe kopknik vir die siel van die Vrystaat. Johan het besluit om terug te gaan na die basiese dinge deur met die Vrystaatse volksboukuns te werk – só sou sy ontwerp “tuis” wees in die omgewing.

Krysia is ’n trotse Suid-Afrikaner wat in Pole gebore is en in Engeland grootgeword het. Sy het ’n Europese fyngevoeligheid wat Johan oortuig het, hy kan subtiel teen die tradisionele vorms rebelleer.

Hy is veral geïnspireer deur die dramatiese uitsig op die berge voor en agter die terrein. Dus, pleks daarvan om ’n huis te bou met ’n konvensionele dak wat na die buitemure afloop, het hy die gedagte van ’n staandak net mooi omgekeer. Dit wit dak van Krysia se huis loop na binne af, na die sentrale binnehof, en sodoende kan die buitemure met massiewe glasdeure wyd oopgemaak word.

Omdat hy besef het die weer in dié deel van die wêreld is nie altyd perfek nie en die deure gaan soms vir lang tye toe bly, het hy kleiner vensters ingesit vir beter temperatuurbeheer. Ook die wit dak is in die somer ’n goeie temperatuurreguleerder omdat dit die son se hitte weg van die huis af weerkaats.

Binne leef die huis rondom ’n oopplan-sitkamer-eetkamer-en-kombuis. Dis eenvoudig dog gesofistikeerd, modern dog warm. ’n Dubbelvolume-deur, byna soos dié van ’n skuur, nooi gaste in die huis, terwyl ’n donker swembad met ’n kliprand die ontwerp aan die ander kant anker. Op ’n mooi dag kan al die deure oopgemaak word sodat die huis met die omgewing gedeel word.

Dit is Krysia se kuns wat die mengsel van warmte en sofistikasie in haar huis afrond, met drie dramatiese beelde buite wat ’n fokuspunt verskaf. By die ingang staan ’n bronsbeeld van Guy du Toit: ’n stoel wat op ’n ronde bal balanseer. Sy haas, vol in vlug, geniet die kalklig buite by die swembad. Willie Bester se bronswerk van ’n vrou met ’n koffer is die mees optimistiese beeldhouwerk wat hy nóg gemaak het. Dis gepas dat dit op so ’n gelukkige plek ’n tuiste gevind het.

Binne het Krysia ou en nuwe meubels gekombineer vir ’n retro- moderne gevoel. Haar kenmerkende modern-klassieke styl skep sy met Italiaanse stukke van Twiice International, terwyl ontwerpers- materiaal ’n paar Art Deco-stoele nuwe lewe gee.

Die Pretoriase tuinontwerper Beukes Goosen van Grun-Art Designs, wat die huis in die wye, oop Vrystaatse landskap moes anker, het massas grasse aangeplant, maar ook bome, wat eers oor ’n paar jaar sal uitskiet. Omdat daar ’n reuse-rotswand agter die huis is, het Beukes horisontale rye bome aan weerskante van die huis geplant om ’n gemaklike skaal te skep. Toe hy ou sandsteenpilare op die plaas ontdek, het hy geweet dié beeldhou-elemente sou die perfekte raamwerk vorm vir ’n ronde buite-vuurherd – ’n plek vir meditasie saans wat ook die betowering van dié plattelandse rusplek vasvang.

Krysia deel haar huis met ’n klomp verskillende wilde diere en dit gee haar ure se plesier. Bo die huis maak arende nes, terwyl reiers en eende naby die dam broei.

Op windstil aande, wanneer sy buite by die vuurtjie sit en die naglug inneem onder die sterkombers wat so naby lyk dat ’n mens daaraan wil raak – terwyl sy na die roep van die jakkalse in die veld rondom haar luister – word haar ontwerpershuis in ’n eenvoudige blyplek omgetower.

• Louis Louw Johan Bergenthuin-argitekte 011 781 3663, reception@lljb.co.za, www.lljb.co.za

• Krysia Back Interior Design 011 646 4338, krysia@mweb.co.za

• Grun-Art Designs 082 774 9366, designs@grunart.co.za

The post Daar’s siel in sandsteen appeared first on Visi.

]]>
Dis die uitsig https://visi.co.za/dis-die-uitsig/ Thu, 31 Mar 2011 11:01:20 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/architecture/dis-die-uitsig/ Kaapstad se atlantiese kusstrook het al ’n toonlokaal geword vir die kenmerkende ontwerpe van Stefan Antoni Olmesdahl Truen-argitekte. Een van die jongste toevoegings tot hulle portefeulje is Headweg 1815.

The post Dis die uitsig appeared first on Visi.

]]>
FOTOS: Greg Cox | PRODUKSIE: Etienne Hanekom | WOORDE: Alma Viviers


 Kaapstad se atlantiese kusstrook het al ’n toonlokaal geword vir die kenmerkende ontwerpe van Stefan Antoni Olmesdahl Truen-argitekte. Een van die jongste toevoegings tot hulle portefeulje is Headweg 1815, ’n huis wat net-net teen die hange van Leeukop vasklou.

Die oggendsonlig val in skuins kolomme die woonvertrek binne. Dis die middel van die winter, maar die glasdeure – van die vloer tot die plafon – is weggevou.

Voor jou verskyn ’n bewegende skildery van die see: Vrag- en ander skepe gly tydsaam oor die blou horison. Regs kom die wes- telike kuslyn en die Atlantiese Oseaan bymekaar, met Robben- eiland op die voorgrond en Seepunt se wolkekrabbers ondertoe.

Dis dié toneel wat ’n jong paar se hart gesteel het toe hulle ná sewe jaar in Johannesburg besluit het om terug te kom Kaap toe: die uitsig.

“Om hierdie uitsig te raam… dit het die totale konsep vir die huis geword. Dit verander elke oomblik van die dag en is só ongelooflik mooi dat jy nie eintlik daarmee kan meeding nie,” sê die eienaars.

Philip Olmesdahl van SAOTA stem saam: “Die eiendom het ’n fantastiese dubbele uitsig – noord en wes oor Fresnaye en verder horison se kant toe, én suid, na die berg toe. Die uitsig was die primêre dryfkrag agter die ontwerp.”

Volop natuurlike lig

Headweg is onlangs eers tot die stadsplanne gevoeg, en jy kom die straat binne van Topweg af – soos die naam aandui, was dit altyd die hoogste straat in Fresnaye. Ondanks die steil helling en spesifieke regulasies oor sonering (soos ’n hoogtebeperking van 6,7 m) bied die perseel die beste van die gebied – ongeëwenaarde uitsigte, natuurlik, maar ook beskutting teen die suidoostewind.

Die reguitnoord-oriëntasie beteken die huis kry volop natuurlike lig, maar sonder die kwaai weerkaatsing waarmee inwoners van baie huise in Clifton en Kampsbaai moet saamleef. Die opdrag aan die argitek was eenvoudig: ’n drieverdiepinghuis met aparte gastekwartiere en ’n sterk, manlike voorkoms.

Philip het die ideale oriëntasie vir passiewe klimaatbeheer aangegryp. Die hoek van die son is deeglik oorweeg tydens die ontwerpproses: Daar’s goed geïntegreerde sonskerms en voldoende oorhange wat in die somer direkte sonlig uithou, terwyl die lae wintersonnetjie steeds die ruimtes kan warm bak. Die westelike glasfasade word met ’n vrystaande betonmuur teen die fel namiddagson beskerm.

Die gesofistikeerde tuis-outomatiseringstelsel vul die passiewe maatreëls verder aan. Elektriese blindings maak, afhangende van die tyd van die dag – en die temperatuur – oop en toe. Die stelsel is so doeltreffend dat hulle selde, indien ooit, die lugreëling nodig kry.

Om die steil helling te bowe te kom is daar lang betonpilare wat die huis bo die terrein laat sweef. Dit lyk of die huis op duiselingwekkende wyse uitreik na die horison. Binne laat glasdeure van die vloer tot die dak, raamlose versterkte glasbalustrades en ’n dak van glas die grens tussen binne en buite vervaag – en skep ’n gevoel van onbeperkte ruimte.

Om die uitsig tot sy reg te laat kom is die palet van die afwerking eenvoudig gehou: wit vir die mure, met glas, vlek-vrye staal en gepoleerde graniet vir oop, verfynde ruimtes wat fragmente van die blou skildery wys.

Wit is nooit wit nie

Die wit interieur is ook ’n erkenning aan die argitek Richard Meier, die eienaars se argiteksghoeroe. “Destyds was ons pas terug van Los Angeles af, waar ons een van Richard Meier se projekte gesien het. Ons is absoluut gaande oor sy argitektuur.”

Hier, net soos in Meier se werk, is wit nooit wit nie; dit verander die heeltyd deur die toedoen van die natuur: die blou lug, die weer, die plantegroei, die wolke en, natuurlik, die lig.

Boonop glo die kliënte én die argitek afwerkings en detail lewer ’n enorme bydrae tot die algehele ruimtelike ervaring. “Ons glo nie aan dinge wat geen doel dien nie,” sê die eie-naars. “Daarom het ons nie die ruimte vol goeters gestop nie; die detail word die versiering.”

Maar Philip gee toe ’n mens het ’n ongelooflike klomp toewyding, geduld en moeite van al die partye nodig – ook ’n kliënt met baie begrip – om dié vlak van detail en konstruksie te bereik.

In-Ex, die Beverly Hills-firma wat vir die binneversiering verantwoordelik was, het dié instelling ook ter harte geneem. Die pasgemaakte mat in die leefvertrek strook byvoorbeeld perfek met die afmetings van die vuurherd, en die getal van die glasdeure word herhaal in die granietvloerteëls sodat dit ’n subtiele ritme skep.

Slegs meubelstukke wat die skoon, manlike lyne van die argitektuur weerspieël, is gekies en party stukke is spesiaal ontwerp om die presiese afmetings te verkry. Die resultaat is ’n ruimtelike en estetiese eenheid.

En waar bring die eienaars die graagste tyd deur? “Dié plekkie waar ons Leeukop kan sien, perfek geraam deur die voorste fasade, terwyl ons aandete geniet.”

Dié reaksie op die terrein en klimaat, gekombineer met die basiese beginsels van proporsie, skaal en ruimtelike eenheid, sorg vir ’n huis wat ’n sterk sin vir plek het en heeltyd in gesprek tree met die omgewing. “Ons is mal daaroor om hier te woon. Dis so maklik dat dit soms moeilik is om weg te gaan.”

• Stefan Antoni Olmesdahl Truen-argitekte (SAOTA): 021 468 4400, www.saota.com

The post Dis die uitsig appeared first on Visi.

]]>
Bosveldse Droom https://visi.co.za/bosveldse-droom/ Wed, 30 Mar 2011 11:56:01 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/architecture/bosveldse-droom/ Almal van ons wens een of ander tyd elke dag was ’n vakansiedag. Die argitek thomas gouws het ’n huis ontwerp waar ’n mens voel asof jy in ’n kontemporêre vyfsterlodge woon.

The post Bosveldse Droom appeared first on Visi.

]]>
FOTOS: David Ross | WOORDE: Jacqueline Myburgh Chemaly


Almal van ons wens een of ander tyd elke dag was ’n vakansiedag. Die argitek thomas gouws het ’n huis ontwerp waar ’n mens voel asof jy in ’n kontemporêre vyfsterlodge woon.

Dis nie almal beskore om hulle droomhuis te bou nie. Die meeste van ons koop ’n klaargeboude huis, ’n plek waar ander mense gewoon het. Jy maak ’n paar strukturele veranderinge en pak dan die opwindende taak aan om jou gekose leefstyl te vervolmaak met binnenshuise afwerkings soos meubels en kunswerke. Maar om op ’n stuk grond te staan, die landskap en uitsig te takseer en dan in jou geestesoog ’n huis te sien én dit te bou – daar’s nou vir jou ware weelde. Wanneer daardie stuk grond deel is van ’n visionêre projek om ’n stuk van Gauteng in Hoëveld-bosveld te verander, wel, veel beter kry ’n mens kwalik.

Die Pretoriase argitek Thomas Gouws sê elke gebou wat hy ontwerp, is omtrent volkome geïnspireer deur die konteks daarvan en, in dié geval, die uitsig. Niks gebeur voordat hy op die huis se grond staan en elke aspek van die ligging absorbeer nie.

Dis wat gebeur het by Serengeti, die gholf-en-natuurlandgoed 12 km noordoos van die O.R. Tambo- internasionale lughawe waar Thomas een van vyf voorste argitekte was wat gevra is om ’n skouhuis te ontwerp. Dit moes aan die publiek gewys word toe die landgoed in die mark gekom het.

Serengeti bied ’n begeerlike leefstyl: Op jou voorstoep is 280 ha inheemse grasse, gerehabiliteerde vleiland en ’n verskeidenheid bok- en voëlsoorte. Die landgoed het ook ’n perd-rysentrum en 17 km se ruiterpaadjies deur die bewaringsgebied. Dit alles, plus die feit dat die ontwikkeling so naby aan die lughawe is, is wat Serengeti waarskynlik gewild sal maak onder pendelaars wat graag volkome uit die stad wil ontsnap wanneer hulle huiswaarts keer. Dis g’n nagemaakte Toskaanse monstruositeit nie, maar ’n outentieke erkenning aan hoe Gauteng gelyk het voor die koms van die snelweë.

Thomas se opdrag was om ’n huis te skep met die atmosfeer van ’n kontemporêre boslodge. Hy het gefokus op die gebruik van glas en klip om die huis ’n aardse gevoel te gee, maar dit terselfdertyd oop te maak vir die lieflike bosveld-omgewing. Die uiteindelike volume, die velle glas en die dak wat lyk asof dit in die lug sweef, sal sekerlik ’n sebra in sy spore laat vries!

Die terrein vir die huis sprei soos ’n waaier oop na die westelike horison; daarom is dit die presiese patroon wat Thomas gebruik het om die tweeverdiepinghuis te ontwerp. Vanaf die punt waar jy die huis binnekom, maak die mure oop op groot vergesigte. Die langwerpige oefenswembad is strategies geplaas as ’n fokuspunt, wat die aandag vestig op die landskap.

Vanaf die ingangsportaal verdeel die huis in twee: Die linkervleuel van die “waaier” huis-ves die leef-, onthaal- en kosmaakgedeelte, terwyl die regterkant na die slaapkamers loop. Dis ’n netjiese uiteensetting wat aan die huis logika en eenvoud verleen.

Die bosveldtema

In pas met die bosveldtema is die huis gebou met materiale in ’n neutrale kleur, waaronder klip, beton, staal en hout. Al die verfwerk is in gedempte kleure wat uit die natuurlike omgewing verkry is. Madikwe-leiklip is gebruik vir die binne- en buitenshuise fokusmure, terwyl ’n Africote-sementwas teen die slaapkamermure warm en doeltreffend is.

Regdeur die huis het Thomas groot stukke raamlose glas gebruik om die gevoel van ruimte te versterk, maar ook om ’n ononderbroke uitsig op die buitewêreld te bied. Selfs die swembad se “heining” is van glas.

Twee hoofslaapkamers (die een op die boonste verdieping is ’n spieëlbeeld van die een op die grondvloer) deel die leefgedeelte se dramatiese uitsig na die weste toe. Oorgroot sonskerm-hortjies wat uitskuif, sorg vir privaatheid en koelte wanneer dit nodig is. Verdere privaatheid word verskaf deur outomatiese blindings, wat in die plafon versteek is. Só kry inwoners die beste van twee wêrelde: ’n oop vertrek met ’n onbelemmerde uitsig wat met die druk van ’n knoppie in ’n afgeslote toevlugsoord omskep kan word.

Al dié aardse skakerings en wye oop spasies sou maklik eentonig kon word as Thomas nie gekies het om ’n prettige element in te bring met ’n helderrooi kombuis wat lyk asof dit in die middel van die leef- en onthaalgedeelte sweef nie. Die kombuis, wat ontwerp is deur Thomas se vrou, Sureen (sy is aan die stuur van die binnenshuise deel van die onderne-ming), is deur Lifestyle Projects gebou, terwyl die rooi epoksivloer deur Industrial Flooring Systems voltooi is.

Spatsels rooi vrolik ook die badkamers op, waar rooigeteëlde storte met rooi glasmure deur Whipco sorg vir sensuele weelde. Al twee storte in die hoofslaapka-mers loop uit na buite – soos by enige top-bosveldlodge.

Sureen het Thomas se glastema verder gevoer in die badkamers, waar 15 mm-glasblaaie eenvoudige dog gesofistikeerde kleedtafels geword het. Op die boonste verdieping is die slaap- en badkamers verbind aan ’n studeerkamer, oor ’n brug, deur ’n oerwoud van hangende gloeilampe.

Sureen was ook verantwoordelik vir die meubilering van die Serengeti-skouhuis. Sy het eenvoudige, neutrale skakerings soos hout en wit gebruik. In kombinasie met rou kiaatmeubels en klassiek modernistiese stoele skep dit ’n kontemporêre retro-lodge-gevoel in die interieur.

Moderne werke deur die Pretoriase kunstenaar Antoinette Uys sluit in ’n suikerverfskildery in vier pa-nele waarop honderde piepklein miertjies met die hand geskilder is. Oral in die huis hang van haar swart-en-wit skilderye, wat bydra tot die moderne bosveld-atmosfeer.

Van buite af lyk dit saans of die huis letterlik na die sterre reik: Die dak word met die gebruik van glasvensters onder die oorhang bo die mure uitgelig. Dis ’n droomhuis vir enigiemand wat op soek is na ’n gesofis-tikeerde Afrika-manier van leef.

• Thomas Gouws Architects & Interiors 012 460 9867, www.tgarchitects.co.za

• Serengeti Golf and Wildlife Estate 0861 396 396, www.serengeti.co.za

The post Bosveldse Droom appeared first on Visi.

]]>
Beijing: Koel Chaos https://visi.co.za/beijing-koel-chaos/ Wed, 30 Mar 2011 10:56:59 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/lifestyle/beijing-koel-chaos/ Die uitvoerende kreatiewe hoof van The Jupiter Drawing Room in Kaapstad, ROSS CHOWLES, het al jare lank ’n liefdesverhouding met China se dinamiese hoofstad, waar antiek en futuristies ontmoet en hom oor en oor teruglok.

The post Beijing: Koel Chaos appeared first on Visi.

]]>
FOTOS: Gallo Images/GettyImages.com, Shuttershock en Clinton Friedman | WOORDE: Ross Chowles


Die uitvoerende kreatiewe hoof van The Jupiter Drawing Room in Kaapstad, ROSS CHOWLES, het al jare lank ’n liefdesverhouding met China se dinamiese hoofstad, waar antiek en futuristies ontmoet en hom oor en oor teruglok. Een jaar ná die Olimpiese Spele is hy terug na Beijing vir sy sewende jaarlikse pelgrimstog.

Toe ek in 2003 op Beijing se lughawe neerstryk, kon ek sien hoe die nuwe Terminaal 3 gestalte begin kry. Dié fabel-agtige draakstruktuur was die eerste teken dat die Chinese hoofstad sy vere begin regskud vir die Olimpiese Spele van 2008.

Wat argitektuur betref, was die Beijing van ses jaar gelede ’n totaal ander stad. Die Beijing- nasionale stadion (“Die Voël-nes”) het toe nog nie bestaan nie. Ook nie die nou bekende CCTV-gebou (China Central Television) of die futuristiese titaan-en-glaskoepel van die Nasionale Sentrum vir die Uitvoerende Kunste nie.

Op my eerste besoek was die stad een groot bouterrein, tussendeur die talle vierkante kilometers hutongs – die ou voorstede met interessante klein stegies van grys bakstene, plus simbole van China se verlede, soos die antieke Verbode Stad.

Dit was volslae chaos: Die strate het dag én nag gepols met mense, fietse, taxi’s en derduisende nuwe motors, ’n teken van China se ontluikende ekonomie. Straatsmouse het enigiets van sokkies tot TV-stelle verkoop. Ek het die energie gevoel van ’n plek wat in die verlede leef én bots met die toekoms. Die reuke, klanke en gesigte het my sintuie rou geskaaf. Ek kon niks lees nie en ook nie verstaan wat rondom my gesê word nie. Ek het nie geweet wat ek eet nie. Ek het gevoel soos ’n marsman, en ek was mal daaroor.

As jy van Switserland of Kanada hou, sal jy waarskynlik niks van China hou nie, want hier kry jy nie sulke orde nie. Ruimte kry jy ook net teen ’n premie: Byna 19 miljoen mense leef in Beijing bó-op mekaar. Harmonie is dus ’n belangrike begrip. Hoe anders sal so ’n enorme klomp mense saam kan woon? (China het ’n bevolking van 1,3 miljard.)

Sedertdien het ek elke November teruggegaan, en elke keer sowel tuis as uit my plek gevoel. Só het ek die voorreg gehad het om die metamorfose van dié fantastiese stad te kon dophou.

In die ses jaar van Olimpiese bouwerk het Beijing nooit geslaap nie en dit was altyd toe onder die stof. Namate China in die aanloop tot die Spele meer welaf begin raak het, het mense meer motors gekoop. Die reeds verstopte stad het selfs nóg bedrywiger geraak. Hier kan jy net twee afsprake per dag maak: een vir die oggend en een vir die middag, want dit neem so lank om op enige plek te kom.

Gelukkig is die moltreinstelsel, diep onder al die verkeersknope, verbeter en uitgebrei – en vandag is dit ’n fantastiese, goedkoop manier om te reis. As ’n Westerling moet jy egter mooi luister wanneer die stasies se name aangekondig word. Mandaryns is ’n subtiele taal, en al word aankondigings ook in Engels herhaal, is dit moeilik om tussen name te onderskei.

Die Chinese regering het met die Olimpiese Spele die land se beste voetjie vir die wêreld voorgesit: Die strate is skoongemaak, mense is gedwing om hul motors tuis te los, fabrieke is gesluit om besoedeling te verminder, en haweloses en rondloperhonde is aangekeer.

Baie van die ontwikkelings, byvoorbeeld die lieflike nuwe argitektuur, is ongelooflik. Tog is sommige van die ver-anderinge hartseer. Baie van die ou dinge in Beijing is vernietig om plek te maak vir die nuwe, en ek dink China sal eendag spyt wees dat soveel van sy strukturele verlede in die proses platgeslaan is.

Die spertye vir die voltooiing van geboue was ses maande vóór die Spele, sodat die bouterreine mooigemaak kon word met tuine, die vensters gewas kon word, die strate gevee kon word en die taxibestuurders Engels kon leer. Van elke burger is verwag om ’n bydrae te lewer om Beijing perfek te kry.

Toe breek die twee weke van die Olimpiese Spele aan en Beijing is kortstondig in iets soos Switserland verander. Nou, ’n jaar later, is die verkeersknope terug, al spog die stad met etlike ongelooflike argitektoniese bakens. Die wriemelende mensemassa – Beijing se lewensaar – is ook weer daar. Dis weer Beijing. Die manjifieke, boeiende Beijing. Ek is so bly my ou bekende vriend is terug.

SIEN

Die Verbode Stad, ’n voormalige koninklike paleis, is ’n Unesco-wêreld-erfenisterrein. Dit spog met die grootste versameling bewaarde antieke houtstrukture ter wêreld. Daar naby is Tiananmenplein, die grootste openbare plein ter wêreld waar etlike van die land se groot geskiedkundige byeenkomste gehou is. Die Groot Muur van China kan binne ’n halwe dag of oornag besoek word.

’n Argitektoniese moet is die residensiële projek Linked Hybrid in die Dongcheng-distrik. Dié ontwik-keling met sy kleurryke torings en lugbrug-skakels is ontwerp deur die Amerikaanse argitek Steven Holl (www.stevenholl.com) in samewerking met Modern Green Development.

Besoek die Beijing Art Now-galery (www.artnow.com) in die Chaoyang-distrik vir die beste avant-garde Chinese kuns.

EET

As jy nie soveel van nuwe kos-avonture hou nie, kan jy steeds uit ’n hele rits Westerse restaurante kies, maar as jy op soek is na ’n egte Beijing-ervaring, waag gerus. Gaan stap in die strate en eet saam met die gewone plaaslike mense. Moe- nie jou laat afskrik deur dekor of tafeldoeke nie; die kos sal fantasties wees – net soos die Franse is die Chinese baie gesteld op uitnemende kos. En dis verrassend bekostigbaar: ’n Groep van vier sal vir ongeveer R200 ’n skaflike ete kan geniet.

Die sjiek Le Quai in die Chaoyang-distrik is die enigste gesertifiseerde slow-food-restaurant in Beijing. Dis nie goedkoop nie, maar die elegante kombinasie van nuwe en ou elemente uit die Chinese kookkuns is voortreflik. Ook aan te beveel, is Mei’s Mansion in die Daxiangfeng-hutong. Die restaurant sit tradisionele Huaiyang-geregte voor – ’n kookstyl wat nie juis buite China bekend is nie – en bied verskeie vaste spyskaarte aan wat ’n goeie oorsig van dié kookkuns gee.

SLAAP… Die stad het vele tophotels, en enige plek naby die Verbode Stad sal perfek wees. Maar as jy die outentieke Beijing wil ervaar, soek ’n hotel in een van die hutongs. Hotel Côte Cour SL (www.hotelcotecoursl.com) in die Daxiangfeng-hutong, byvoorbeeld, is ’n boetiekhotel in ’n tradisionele binnehofhuis uit die Ming-dinastie.

• Besoek www.travelchinaguide.com en www.beijingpage.com vir nog inligting.

The post Beijing: Koel Chaos appeared first on Visi.

]]>
Sake van die hart https://visi.co.za/sake-van-die-hart/ Wed, 30 Mar 2011 09:26:49 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/decor/sake-van-die-hart/ Dit was liefde met die eerste oogopslag, en in vele opsigte verbeelding wat oor gesonde verstand geseevier het, toe die binnehuisontwerper Tanya Sturgeon die piepklein Victoriaanse villa in die skadu van Tafelberg raakgesien het.

The post Sake van die hart appeared first on Visi.

]]>
FOTOS: Daniel Snyders | PRODUKSIE: Sumien Brink | WOORDE: Jocelyn Warrington


Dit was liefde met die eerste oogopslag, en in vele opsigte verbeelding wat oor gesonde verstand geseevier het, toe die binnehuisontwerper Tanya Sturgeon die piepklein Victoriaanse villa in die skadu van Tafelberg raakgesien het.

Dis Plato wat gesê het, elkeen wat deur liefde aangeraak word, word ’n digter. En daar’s sekerlik poësie in die liriese manier waarop die binneversierder Tanya Sturgeon haar Kaapse huis ingerig het – hoe elke unieke stuk sy individuele stem behou terwyl dit saamsing met die res in ’n ode aan haar intense liefdesverhouding met haar tuiste.

Dit het dié materiaalontwerper, nou die eienaar van ’n dekor-emporium, net drie weke geneem om hier aan die hange van Tamboerskloof nes te skop. “Die vorige eienaars het kort nadat ek ingetrek het, ingeloer – en kon hulle oë nie glo nie,” sê sy en erken ruiterlik dat die rede vir haar vinnige skuif deels as gevolg van ’n vroeëre swak keuse vir ’n woonplek was. “Ek het van Johannesburg af getrek na ’n huis in die suidelike voorstede wat regtig nie by my leefstyl of persoonlikheid – en my goeters – gepas het nie.”

Die tyd wat dit elke dag geneem het om na die Kaapse stadskom te pendel, waar sy saam met haar susterskind, Amanda Fellows, die binnehuis-ontwerp-en-dekorwinkel T&Co. besit, het haar uiteindelik laat besluit om ’n huurder vir haar splinternuwe huis te kry. Die dag waarop die huurders moes intrek, het nader gekom en Tanya het geen heenkome gehad nie – daarom het sy toe maar haar kosbare besittings in bokse gepak en skuiling gaan soek by haar mede-leefstylslaaf Gail Behr.

Maar toe sy ’n paar maande later die oulike gerestoureerde villa in een van die stad se oudste woonbuurte raaksien, was die argetipiese loftplafonne en broekiekant-stoep genoeg om haar te verlei. Die papiere was binne drie dae geteken.

‘n Passievolle liefdesverhouding

Tanya is nou heeltemal tuis in haar nuwe huis: Die mure is geverf, die skilderye opgehang; die bykomstighede is uit bokse gegrawe; die versamelstukke is liefderik herstel en weer deel van ’n reeks weloorwoë stillewes op tafelblaaie en in bestaande nisse wat lyk asof dit spesiaal daarvoor gemaak is.

Terugskouend, beskryf Tanya, wat duidelik haar hart verloor het, die proses as ’n passievolle liefdesverhouding. Sy erken skamerig: Op dae dat sy veronderstel was om in veilingsale en pakhuise vol antiekware rond te snuffel om voorraad te kry vir haar sjiek interieurwinkel, was sy in ’n omhelsing met haar nuwe tuiste, besig om op die skilderdoek te borduur met ’n unieke stempel wat spruit uit ’n hoogs verfynde ontwerpgevoeligheid en jare se ervaring in die materiaal- en dekorbedryf.

“Die kern van binneversiering is ’n proses van laagvorming, ’n manier om dinge saam te sit wat komposisiegewys saamwerk en ruimtes met diepte skep – ruimtes wat outentiek en visueel interessant is,” sê Tanya wie se kenmerkende skermkandelare en weldadige sagte meubilering getuig van haar liefde vir versierings. “Lampskerms en strooikussings is soos juweliersware of ’n paar goeie hoëhakskoene – dit rond die uitrusting af.”

Oud en nuut vermeng

Nog ’n kenmerk van Tanya se styl is ’n onbeskaamde vermenging van oud en nuut, van genres wat oënskynlik onversoenbaar is: “Dis soos skilder – ’n mens vra nie ‘Werk blou en rooi saam?’ nie. Eerder: ‘Is hulle wat toonaard betref, in harmonie; hoeveel van elk is gebruik; is hulle met dieselfde artistieke gevoeligheid gekombineer?’ ”

G’n wonder dus dat Tanya se eie huis ’n teatrale mengsel is van fuchsia met motiewe, luukse karmosynrooi Draylon, ametisblou, saffier en bottel- groen fluweel en glimmende grysbruin sy en linne – alles in dieselfde toonaard geharmonieer deur ’n inkagtige houtskool-agtergrond op party plekke en staalgrys by ander.

Skilderye, afdrukke en foto’s – van ’n enorme Kentridge-iris in die eetkamer tot haar susterkind Emily Fellows se landskappe met droë bosse in die gang en Beezy Bailey se houtskoolportret van haar seun Daniel in die slaapkamer – pryk teen die mure in ’n losbandige oorvloed van kleure en style.

Bykomstighede – baie daarvan uit haar winkel – het sentimentele waarde en staan gemaklik op tafels en in kabinette met ’n glasvoorkant. In die kweekhuisstyl-badkamer – ’n liggevulde fokuspunt wat uit die weelderige hoofslaapkamer loop – staan ’n fraai Victoriaanse pootjiesbad wat heeltemal tuis is saam met ’n Marie Antoinette-dekstoel. Dié is geklee in tuisgeskepte weelde, wat lyk soos ’n uitgerafelde korset.

In die eetkamer met sy komvenster word arms vol verweerde eetgerei in sinkbakke uitgestal op die dun, donkergebeitste tafel. Rondom staan ’n konsortium van stoele wat nie bymekaar pas nie – volmaak onperfek.

Terwyl alles lyk asof dit foutloos – eintlik ietwat spitsvondig – gestileer is, sê Tanya sy’t nog nie ophou speel nie. “Die eet- en woonvertrek is al klaar geskuif, en ek is steeds besig om dingetjies op ander plekke te probeer.”

Maar, só lui die spreekwoord, wanneer dit by die liefde kom, is een plus een alles, en twee minus een niks nie. In dié sommetjie lê die resep vir sukses baie beslis in die intuïsie van die hart.

• T&Co., Eenheid 78, Victoria Junction (ingang Ebenezerweg), Groenpunt, Kaapstad 087 808 7064/5, www.tandco.co.za

The post Sake van die hart appeared first on Visi.

]]>
Tafelmaniere https://visi.co.za/tafelmaniere/ Tue, 29 Mar 2011 15:47:23 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/lifestyle/tafelmaniere/ Trousseaukiste het 'n stil dood gesterf - deesdae sit almal huis op met 'n klassieke maar ietwat verbeeldinglose 44-stuk- wit breekgoedstel.

The post Tafelmaniere appeared first on Visi.

]]>
FOTOS: Dirk Pieters | PRODUKSIE: Tina-Marie Malherbe 


Trousseaukiste het ‘n stil dood gesterf – deesdae sit almal huis op met ‘n klassieke maar ietwat verbeeldinglose 44-stuk- wit breekgoedstel.

Ontbyt

Eiers op roosterbrood: Saggeposjeerde eier met Parmaham, bros roosterbrood en blom-confetti

GENOEG VIR: 4

GAARMAAKTYD: 15 minute

BEREIDINGSTYD: 10 minute

2 e witwynasyn

4 vryloop-eiers

1 korserige suurdeegbrood, in snye gesny

2 e gesmelte botter

1 pakkie (200 g) Parmaham

1/3 koppie gemengde eetbare blomme

Verhit ’n middelslag-kastrol vol water totdat dit liggies prut. Gooi die asyn by en roer dit deur. Breek die eiers in aparte koppies. Gooi die eerste eier met ’n vinnige handbeweging in die kokende water. Herhaal dit met die res van die eiers en posjeer dit vir 5-6 minute of totdat dit so gaar is soos jy dit verkies. Rooster die suurdeegbroodsnye aan al twee kante in ’n warm riffelpan. Verf elke sny met gesmelte botter. Pak dan Parmaham op die brood met ’n geposjeerde eier bo-op. Rond dit af met ’n strooisel eetbare blomme.

KOOKWENK Vir die beste resultate as jy eiers posjeer, gebruik vars eiers teen kamertemperatuur. Sorg ook dat die water nie te vinnig kook nie, anders sal die eiers breek.

Tee

Gemmerkoek met gemengde neute

MAAK: 1 koek

GAARMAAKTYD: 40 minute

BEREIDINGSTYD: 20 minute

100 g bruinsuiker

280 g koekmeel

1 t bakpoeier

140 g gemengde neute, fyngemaak tot ’n fyn poeier

1/3 koppie melk

200 g botter, gesmelt

2 vryloop-eiers

2 e vars gemmer, gerasper

1 vanieljepeul, saadjies uitgeskraap

Verhit die oond tot 180 .C. Meng die bruinsuiker, koekmeel, bakpoeier en neute in ’n middelslagmengbak. Voeg die melk, gesmelte botter en eiers by en meng dit goed met ’n houtlepel. Vou die gerasperde gemmer en vanieljesaadjies in. Gooi die beslag in ’n 30 cm-koekpan wat met bakpapier uitgevoer en deeglik gesmeer is. Bak die koek vir 30-35 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat die koek heeltemal afkoel voordat jy die pan uitkeer.

KOOKWENK DieÅL digte koek het ’n growwe tekstuur. Sit dit voor met cre`me frai^che en groentee.

WYNWENK VIR ONTBYT EN TEE

VONKELWYN: L’Avenir Brut Rosé 2007

Hierdie ultra brut-styl salmpienk roseÅL met aardse geure van fyn aarbeie en somer is ’n heerlike manier om jou sinne in die oggend wakker te maak, en dit smaak veral goed met sowel die koek as die eiers op roosterbrood.

Middagete

Lavash met ’n seleksie bakkieskos

LAVASH

MAAK: 4 platbrode (genoeg vir 8)

GAARMAAKTYD: 20 minute

BEREIDINGSTYD: 10 minute

280 g broodmeel

2 e olyfolie

3/4 koppie water

2 e seesout

Verhit die oond tot 200 .C. Meng al die bestanddele in ’n groot mengbak en knie dit tot ’n gladde, elastiese deeg – gooi nog water by, indien nodig. Laat die deeg vir 5 minute rus. Verdeel die deeg in 4 en rol elke stuk papierdun uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en bak die brode vir 8-10 minute of tot goudbruin en bros. Laat dit afkoel en geniet dit met patees en doopsouse soos dieÅL hiernaas.

ROOS-EN-PISTASIENEUT-DUKKAH

GENOEG VIR: 4

BEREIDINGSTYD: 10 minute

2 pakkies (100 g) afgedopte pistasieneute

1/3 koppie geroosterde sesamsaad

2 t gemengde speserye

1 t fyn koljander

2 e rooswater

olyfolie

varsgemaalde swartpeper

seesoutkristalle

Druk al die bestanddele in ’n vysel met ’n stamper fyn tot ’n growwe mengsel. Gooi net genoeg olyfolie by om die mengsel klam te maak en te bind. Geur dit met varsgemaalde swartpeper en seesout.

LEMOENSKIL-CONFIT

GENOEG VIR: 4

GAARMAAKTYD: 20 minute

BEREIDINGSTYD: 10 minute

1 groot lemoen

200 g suiker

1 koppie water

Skil die lemoen en probeer die skil in een stuk > hou. Gebruik ’n teelepel om die witskil uit te krap. Verhit die suiker en water saam totdat dit stadig prut. Voeg die lemoenskil by en kook dit vir 15-20 minute of totdat dit deurskynend en klewerig is. Skep die skil uit die stroop en laat dit afkoel.

INGEMAAKTE APPEL MET SITROENGRAS

GENOEG VIR: 4

GAARMAAKTYD: 15 minute

BEREIDINGSTYD: 10 minute

2 groot groenappels

100 g suiker

1 koppie water

1 sitroengrasstingel, gekneus

Sny die appels in 8 segmente elk en verwyder die pitte. Verhit die suiker, water en sitroengras saam totdat dit stadig prut. Voeg die appel by en verlaag die hitte. Kook dit vir 10-15 minute of tot die appel sag en deurskynend is. Haal van die plaat af en laat dit in die stroop afkoel sodat die geur kan deurtrek.

LEMMETJIEGEGEURDE HUMMUS

GENOEG VIR: 4

BEREIDINGSTYD: 10 minute

1 blik (400 g) keker-ertjies, gedreineer

2 knoffelhuisies

sap en skil van 2 lemmetjies

1/3 koppie olyfolie

varsgemaalde swartpeper

seesoutkristalle

Pols die keker-ertjies, knoffel en lemmetjiesap en -skil in ’n voedselverwerker saam tot ’n growwe pulp vorm. Gooi die olyfolie by en pols dit tot ’n growwe smeer. Geur met swartpeper en seesout.

EENDTERRIEN MET LEMOENBLOEISELWATER

GENOEG VIR: 4

GAARMAAKTYD: 35 minute

BEREIDINGSTYD: 10 minute

2 eendborsies

2 e botter

1 ui, in blokkies gesny

2 e perskebrandewyn

2 e lemoenbloeiselwater

1/3 koppie room

varsgemaalde swartpeper

seesoutkristalle

1 e brandewyn

Verhit ’n groot braaipan tot baie warm. Braai die eendborsies met die velkant na onder daarin vir 10-15 minute – draai dit halfpad om. Skep die borsies uit en hou die vet in die pan. Sny die vel van die borsies af. Vlok die eendvleis tot fyn stukkies met ’n skerp mes. Verhit die botter in ’n pan en gooi die ui by. Braai dit vir 5 minute tot geurig. Voeg die eendvleis by en braai dit vir nog 5 minute. Gooi die brandewyn, lemoenbloeiselwater en room by. Laat die vloeistof effens afkook en haal dit dan van die plaat af. Geur met swartpeper en seesout. Skep die eendvleis in ’n bak en gooi die eendvet bo-oor. Sit die terrien in die yskas totdat die vet gestol het.

WYNWENKE VIR MIDDAGETE

WIT WYN: 2008 Buitenverwachting Riesling

Dit is die ideale lusmakertjie om enige middagete mee te begin – kurkdroog en lig (11% alkohol) met delikate geure van lemmetjie en lemoenbloeisel. Vir ’n tikkie vonkel, gooi ’n bietjie sodawater en ’n ysblokkie by en siedaar, ’n fantastiese kir-aptytwekker.

ROSÉ: La Vierge Rosé 2008

Dié wyn uit die Walkerbaai-streek is ’n versnit van cabernet en merlot met ’n spatsel shiraz. Dit is lekker droog, maar vrugtig en geurig met ’n verfrissende suurgehalte en matige alkohol – die perfekte kelkie wyn vir ’n middagete.

ROOI WYN: 2009 Kleine Zalze Gamay Noir

Dié ligte rooi wyn met sy beaujolais-karakter sal nie die delikate disse hierbo oorskadu nie en sal veral die eendterrien komplementeer.

Aandete

Swart tagliatelle met geskroeide inkvis en klapperskaafsels

GENOEG VIR: 4

GAARMAAKTYD: 15 minute

BEREIDINGSTYD: 25 minute

280 g koekmeel

2 vryloop-eiers

3 e olyfolie

1 sakkie (5 ml) inkvis-ink

2 e botter

2 knoffelhuisies, in blokkies gesny

1 klein rissie, ontpit en in blokkies gesny

1 pakkie (200 g) baba-inkvisbuisies

varsgemaalde swartpeper

seesoutkristalle

klapperskaafsels, in ’n pan gerooster

Meng die meel, eiers, olyfolie en ink in ’n middelslag- mengbak totdat dit ’n ferm deeg vorm. Knie die mengsel vir 8-10 minute deeglik. Laat die deeg vir 5 minute rus voordat jy dit met ’n pastamasjien of koekroller op ’n meelbestrooide oppervlak uitrol. Sny die pastavelle in tagliatelle-repies van ongeveer 5 mm breed. Verhit ’n groot pot vol water tot kookpunt en gooi die tagliatelle daarin. Kook dit vir 5-8 minute en dreineer dit. Drup olyfolie oor die pasta om te keer dat dit aan mekaar vassit. Verhit die botter in ’n groot braaipan en laat die knoffel en rissie liggies smoor. Voeg die inkvisbuisies by en braai dit vir 5 minute of tot goudbruin. Meng die gaar inkvis met die tagliatelle en geur dit met varsgemaalde swartpeper en seesout. Sit dit voor met klapperskaafsels bo-oor.

KOOKWENK Maak die klapperskaafsels só: Sny ’n vars kokosneut in groot stukke en skep die vleis met ’n mes uit. Gebruik ’n groenteskiller om die skaafsels te maak en rooster dit vinnig in ’n warm pan.

WYNWENK VIR AANDETE

WIT WYN: 2008 Elgin Vintners Viognier

’n Eksotiese gereg verdien ’n eksotiese wyn. Met sy perske-, appelkoos- en kanferfoeliegeure en ’n titsel vanilla, is dié viognier die volmaakte pasmaat.

The post Tafelmaniere appeared first on Visi.

]]>
Pioniers-ontwerp https://visi.co.za/pioniers-ontwerp/ Tue, 29 Mar 2011 13:37:18 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/lifestyle/pioniers-ontwerp-2/ Die F-Cell-tweesitplekmotor is die jongste F-Series-konsepmotor van Mercedes-Benz.

The post Pioniers-ontwerp appeared first on Visi.

]]>
Die F-Cell-tweesitplekmotor is die jongste F-Series-konsepmotor van Mercedes-Benz.

Die groot speekwiele, koolstofvesel- komstoele met handgestikte leeroortreksels en ’n neus van veselglas wat ’n mens aan Formule 1 herinner, sorg vir ’n liefl ike retro-futuristiese prototipe.

Met die hulp van die uitlaatgaslose brandstofsel-stelsel agter, haal dié waterstofaangedrewe kar ’n topspoed van 25 km/h en kan 350 km ry voordat jy moet stop vir brandstof.

Ons is mal oor die les wat dit ons leer oor ontwerp met alternatiewe energie.

http://emercedesbenz.com

The post Pioniers-ontwerp appeared first on Visi.

]]>
A day of great food https://visi.co.za/a-day-of-great-food/ Fri, 18 Feb 2011 15:11:59 +0000 https://visi.co.za.dedi132.flk1.host-h.net/lifestyle/a-day-of-great-food/ Eat like royalty for an entire day with these sumptuous recipes, as featured in VISI 44's Table Manners decor shoot.

The post A day of great food appeared first on Visi.

]]>
PHOTOS: Dirk Pieters | PRODUCTION: Herman Lensing


Eat like royalty for an entire day with these sumptuous recipes, as featured in VISI 44’s Table Manners decor shoot.

Breakfast

Eggs on toast: Soft poached egg with Parma ham, crusty toast and flower confetti

SERVES: 4
COOKING TIME: 15 minutes
PREPARATION TIME: 10 minutes

2T white-wine vinegar
4 free-range eggs
1 loaf crusty sourdough bread, sliced
2T melted butter
1 x 200g punnet Parma ham
1/3 cup selection of edible fl owers

Bring a medium-sized pot of water to a slow simmer. Add the vinegar and stir to distribute evenly. Break the eggs separately into small cups. Quickly drop the first egg into the simmering water.

Repeat with the remaining eggs and poach them for 5-6 minutes or until cooked to your preference.

Toast the sourdough bread slices on both sides in a hot griddle pan. Brush each slice with melted butter, then top with Parma ham followed by a poached egg. Finish with a decorative sprinkling of edible flowers.

COOK’S TIP: For best results, use fresh eggs at room temperature. Also don’t allow the water to simmer too fast otherwise the eggs will break up during cooking.

Tea

Ginger and mixed-nut cake

MAKES: 1 cake
COOKING TIME: 40 minutes
PREPARATION TIME: 20 minutes

100g brown sugar
280g cake flour
1t baking powder
140g mixed nuts, crushed to a fine powder
1/3 cup milk
200g butter, melted
2 free-range eggs
2T fresh ginger, grated
1 vanilla pod, seeds removed

Pre-heat the oven to 180 degrees Celsius. Combine the brown sugar, flour, baking powder and nuts in a mediumsized mixing bowl. Add the milk, melted butter and eggs and mix well using a wooden spoon.

Fold through the grated ginger and vanilla seeds. Pour the batter into a 30cm cake tin lined with baking paper and greased well. Bake for 30-35 minutes or until a cake tester comes out clean. Allow the cake to cool completely before turning it out of the tin.

COOK’S TIP: This is a dense cake with a coarse texture. Serve it with creme fraiche and green tea.

Lunch

Lavash with a selection of bowl food

LAVASH

MAKES: 4 flatbreads (serves 8)
COOKING TIME: 20 minutes
PREPARATION TIME: 10 minutes

280g bread flour
2T olive oil
3/4 cup water
2T sea salt

Pre-heat the oven to 200 degrees Celsius. Combine all the ingredients in a large mixing bowl and knead to create a smooth, elastic dough, adding more water if needed. Let the dough rest for 5 minutes.

Divide the dough into 4 and roll each piece out on a well floured surface until paper thin. Line a baking sheet with baking paper and bake the breads for 8-10 minutes or until golden brown and crisp. Allow to cool and enjoy with a selection of pates and dips, such as those below.

ROSE AND PISTACHIO DUKKA

SERVES: 4
PREPARATION TIME: 10 minutes

2 x 100g shelled pistachios
1/3 cup toasted sesame seeds
2t mixed spice
1t ground coriander
2T rose water
olive oil
freshly ground black pepper
sea salt crystals

Use a mortar and pestle to pound all the ingredients together until coarsely ground. Add just enough olive oil to moisten and bind the mixture. Season with freshly ground black pepper and sea salt.

CONFIT OF ORANGE PEEL

SERVES: 4
COOKING TIME: 20 minutes
PREPARATION TIME: 10 minutes

1 large orange
200g sugar
1 cup water

Peel the orange, keeping the skin in one piece. Use a teaspoon to scrape out the pith. Bring
the sugar and water to a slow simmer. Add the orange peel and cook for 15-20 minutes or until
translucent and sticky. Remove from the syrup and allow to cool.

LEMONGRASS AND APPLE PRESERVE

SERVES: 4
COOKING TIME: 15 minutes
PREPARATION TIME: 10 minutes

2 large green apples
100g sugar
1 cup water
1 stalk lemongrass stems, bruised

Slice the apples into 8 segments each and remove all the seeds. Bring the sugar, water and lemongrass to a slow simmer. Add the apples and reduce the heat. Cook for 10-15 minutes or until the apples go soft and translucent. Remove from the heat and allow to cool in the syrup to infuse the flavours.

LIME-INFUSED HUMMUS

SERVES: 4
PREPARATION TIME: 10 minutes

1 x 400g can chickpeas, drained
2 cloves garlic
2 limes, juice and zest
1/3 cup olive oil
freshly ground black pepper
sea salt crystals

Blend the chickpeas, garlic, lime juice and zest to a course pulp in an electric blender. Add the olive oil and blend to form a coarse paste. Season well with black pepper and sea salt.

ORANGE-BLOSSOM AND DUCK RILLETS

SERVES: 4
COOKING TIME: 35 minutes
PREPARATION TIME: 10 minutes

2 duck breasts
2T butter
1 onion, diced
2T peach brandy
2T orange blossom water
1/3 cup cream
freshly ground black pepper
sea salt crystals
1T brandy

Heat a large frying pan until hot. Add the duck breasts, skin side down, and cook for 10-15 minutes, turning them halfway. Remove the breasts from the pan and reserve the fat. Remove the skin from the breasts. Using a sharp knife, shred the duck into small pieces.

Heat the butter in a pan and add the diced onion. Fry for 5 minutes until fragrant. Add the shredded duck and fry for a further 5 minutes. Pour in the brandy, orange-blossom water and cream. Let the liquid reduce. Remove from the heat. Season with black pepper and sea salt.

Place the duck in a suitable dish and pour over the reserved fat. Refrigerate the rillets until the fat sets.

Dinner

Tagliatelle noir with flash-fried squid and coconut shavings

SERVES: 4
COOKING TIME: 15 minutes
PREPARATION TIME: 25 minutes

280g cake flour
2 free-range eggs
3T olive oil
1 x 5ml sachet squid ink
2T butter
2 cloves garlic, diced
1 small chilli, seeded and diced
1 x 200g packet baby squid tubes
freshly ground black pepper
sea salt crystals
Coconut shavings, toasted in a pan

Combine the flour, eggs, olive oil and squid ink in a medium-sized mixing bowl. Mix to form a firm dough and knead well for 8-10 minutes. Let the dough rest for 5 minutes before rolling it out on a well-floured surface using a pasta machine or rolling pin.

Cut the sheets of pasta into 5mm wide tagliatelle strips. Bring a large pot of water to the boil and add the tagliatelle. Cook it for 5-8 minutes and drain. Drizzle the pasta with olive oil to prevent
it from sticking.

Add the butter to a large frying pan and allow the garlic and diced chilli to gently sweat. Add the squid tubes and fry for 5 minutes or until golden brown. Toss the cooked squid with the tagliatelle. Season with freshly ground black pepper and sea salt. Serve topped with shaved coconut.

COOK’S TIP: To make the coconut shavings, cut a fresh coconut into large pieces. Scoop out the white flesh with a knife. Shave the flesh with a vegetable peeler and toast the shavings in a hot pan.

The post A day of great food appeared first on Visi.

]]>